Merke, gereed - Ons oë is op Jesus gerig

Merke, gereed - Ons oë is op Jesus gerig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rond-om ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.” (Heb 12:1,2)

Die skoot het geklap! Die nuwe jaar het begin! Ons is almal in die groot wedloop van 2017!

Maar die groot vraag bly: Hoe moet ons hierdie jaar aanpak sodat ons meer en meer binne die wil van die HERE leef? Hoe hardloop ’n Christen die wedloop van die lewe?

Kom ons laat weer eens toe dat GOD se Woord ons in alles lei. Hierdie artikel word nie verniet genoem: “Uit die Woord” nie.

As ons ons lewe elke dag inrig volgens GOD se Woord en Sy voorskrifte, sal ons gou agterkom dat Psalm 37:3-5 só waar is:

“Vertrou liewer op die HERE en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.

Vind jou vreugde in die HERE, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die HERE oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.” Ons almal wat in die wedloop van die lewe deelneem moet die volgende doen na aanleiding van Hebreërs 12:1,2:

Let mooi op hoe gelowiges van vroeër geleef het. Daar is baie voorbeelde van manne en vroue in die Bybel wat deur die moeilikste omstandighede gegaan het en steeds hulle geloof behou het. Hoe meer jy jou Bybel lees hoe meer sal jy agterkom GOD is naby dié wat in Hom bly glo.

Verwyder alle laste wat jou lewe moeiliker maak.  Sonde bly tog maar nog altyd die mens se grootste probleem. Ons sleep die las van ons sondes saam en kan nie voluit vir Jesus hardloop nie.

Vergewe 70 x 7 keer! Wees die minste! Dra mekaar se laste! Bid vir jou vyand!

Pak die wedloop met volharding aan. Niks kom sommer vanself in die wedloop van die lewe nie. Jy moet jou kant bring. Jy moet self inspring en hard werk en deur struikelblokke worstel. Jy kry die krag van GOD af, maar jy moet met volharding self jou dagtake aanpak.

Hou jou oë gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Soos ’n goeie atleet wat fokus op die eindstreep en nie ’n sekonde sy oog afwend van sy ware doelwit nie, net so moet ons as gelowiges die hele tyd fokus op Jesus wat ons geleer het hoe om aan Sy vader gehoorsaam te bly.

Kyk hoe Jesus gelewe het, luister na Sy Woorde en volg Sy voorbeeld in alles wat jy doen.

Niemand het jou net lekker belowe nie. Ook nie die woord van GOD nie. Jy gaan sweet, hard werk en oor baie struikelblokke moet kom. Dit is ’n feit. Maar weet dat GOD elke tree saam met jou is. Voel die krag en leiding van die Heilige Gees. As gelowige kan jy jou wedloop met volharding en versekering hardloop!

Merke.... gereed...gaan!

Merke, gereed - Ons oë is op Jesus gerig

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles