Pikkewynloslating lok die grootste skare in die geskiedenis

Pikkewynloslating lok die grootste skare in die geskiedenis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die grootste skare nóg het die vrylating van 8 Afrika pikkewyne bygewoon wat verlede Vrydag (30 Desember) by Kleinbaai se getypoel plaasgevind het.

Goeie publisiteit

Die besoekersgetal van maklik meer as ‘n honderd mense, kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die goeie publisiteit wat die Gansbaai Courant vooraf daaraan gegee het. 

Dat besoekers  die plaaslike koerant opgeraap het, blyk duidelik uit verkoopsyfers wat verdubbel het.

As ‘n spesiale vergunning het ons van vakansie-oord na vakansie-oord in die omgewing gery en die vorige week se uitgawe, waarvan ons meer as gewoonlik gedruk het, gratis uitgedeel om vakansiegangers te verwelkom. 

Dit is uitstekend ontvang en het tot baie kwinkslae en geselsies gelei.

Dit het daartoe gelei dat die aanvraag na die volgende week se uitgawe aansienlik verhoog het en die nuutste uitgawe is vinnig uitverkoop.  Die gewildheid daarvan kan toegeskryf word aan die vakansieprogramme, die dagboekinskrywings en die vermaaklikheids- en voedselbedryfadvertensies wat veral hierdie tyd van die jaar in aanvraag is.

Dit is ook huisopknaptyd vir huiseienaars in die omge-wing en die Courant se Diensgids is ‘n handige inligtingsbron van verskaffers.

RSG saai uit

Hoewel die Gansbaai Courant die vooraf publisiteit gedoen het vir die pikkewynvrylating, het Radio Sonder Grense (RSG) se teenwoordigheid tydens die aksie vir groot opgewondenheid gesorg.

Toeskouers het ywerig nader gestaan om kommentaar oor die radio te lewer. ‘n Hoorbeeld is die naweek oor die pikkewyn-loslating uitgesaai.

Rehabilitasie van pikkewyne

Van hulle het gesê dat hulle onbewus was van die enorme taak wat die African Penguin & Sea Bird Sanctionary (APSS) ten opsigte van bewaring verrig.

Theanette Staal, bestuurder van APSS, het tydens die RSG-onderhoud die noodsaaklikheid van die vrylating van pikkewyne ná rehabilitasie beklemtoon. Sy het wel bygevoeg dat dit terselfdertyd ‘n emosionele belewenis is, aangesien personeel geheg raak aan die pikkewyne tydens die rehabilitasie tydperk.

“Die APSS huisves die pikkewyne tot op ‘n stadium waar die bestuur daarvan oortuig is dat hulle gereed is om na die see en Dyer Eiland terug te keer,” het sy aan RSG gesê.

Die pikkewyne het huiwerig uit die houers geklouter en die wêreld, en toeskouers, aanvanklik onseker bekyk. Daarna het hulle vinnig tot verhaal gekom en nie gehuiwer om van die geleentheid om hul vryheid te benut, gebruik te maak nie.

“Ons beskou die gereelde vrylating van Afrika pikkewyne, wat as gevolg van verskillende omstandighede gerehabiliteer moes word, telkens as ‘n triomf vir die APSS, aangesien dit as ‘n hoogtepunt vir bewaring beskou word,” het Theanette gesê.

Vrou val op rotse

‘n Inwoner van Franskraal, Carien Crafford het haar balans op die rotse verloor tydens die loslating van die pikkewyne en geval.

Haar skoonseun, Renier Engelbrecht het tot haar redding gekom en haar na hul motor toe gedra, waarna hulle haar vir waarneming na ‘n plaaslike dokter geneem het.

Sy is later die dag in die MediClinic op Hermanus opgeneem.  Dit blyk dat dit ‘n ligte beroerte aanval was.

Carien sterk tans aan by haar huis.

Pikkewynloslating lok die grootste skare in die geskiedenis

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles