‘n Klomp vis!

‘n Klomp vis!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

2017. ‘n Heel nuwe jaar  --  Hoop dit gaan goed en dat dit so sal aanhou!

Ek het verlede week belowe om te sê hoe dit toe met die boothengel gegaan het.

Soos verwag is, het die weer daarvoor kans gegee met die watertemperatuur wat op ‘n kol by die 19 grade gaan draai het.

Soos almal weet is dit baie beter toestande vir die vis om aan die byt te gaan, wat wel gebeur het. Daar is goed kabeljou gevang, roman en PW’s was volop en die hotties het gesorg dat jou kwota sommer gou-gou vol was.

Geelbek het veral in die aand die manne laat bontstaan, maar in die dag was dit ‘n ander geval toe hierdie vis bewys het hy is nie sommer enige hierjy se storie nie. Die welkome nuus is die baie makriel wat omtrent oral opgedaag en wild aan die byt gegaan het. Soos met snoek het die baie warm water ook sy nadele. Die probleem is dat snoek en makriel vinnig “pap” word en baie versigtig hanteer moet word, veral met die skoonmaakslag. Dis ‘n goeie idee om dit maar so gou moontlik te verwerk en hou in gedagte, daar is min dinge wat by ‘n gerookte makriel kom.

Wat ook eienaardig is, is dat kreef volop is en gewoonlik kouer water verkies. Boonop sukkel mens om hierdie lekkernye in ‘n stroom by te kom. Met die kreef in gedagte, wees baie versigtig om nie ‘n ander man se toue raak te ry nie en hou mekaar in gedagte. Daar is op die oomblik baie kreef oor ‘n wye gebied versprei en dis vir ‘n verandering ‘n plesier om jou vier krewe in die boot te kry. Ook die manne met die lang stokke het veral die kabeljou laat les opsê.

Hierdie boodskap herhaal ek altyd want dit bly belangrik en met die baie plesier wat dit verskaf kan sommige ouens dalk kanse waag en òf te lank op die see wil deurbring òf dalk nie die omstandighede behoorlik in ag neem nie. Prioriteit nommer een sal wees om seker te maak die water is reg (hou ook later die dag in gedagte). Maak seker die boot waarop jy gaan wees is seevaardig en die skipper ken sy storie. In so ‘n geval sal hy sekerlik nie onnodig op die see waag nie en kan jy op hom reken om die see reg te hanteer. Indien daar enige teken is dat die weer gaan optel, veral na kalm water en die windjie begin stoot, hou veiligheid in gedagte en keer liewer terug sementpad toe. Môre is nog ‘n dag! Geniet die see en geniet die tydjie hier en net die beste vir die tyd vorentoe.    

Groete,
Seemeeu

‘n Klomp vis!

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles