Hunt Kraai Koning by Interdorp

Hunt Kraai Koning by Interdorp

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Interdorp wenners

Dit was ‘n besige week vir die lede van Gansbaai Gholfklub. Heelparty kompetisies waartydens groot pryse gewen kon word was op die spel.

Die vyftiende jaarlikse Interdorp kompetisie is Woensdag aangebied met George Hunt wat as wenner weggestap het.

Sextus Neethling was verantwoordelik vir die puik reëlings.  Groot pryse was op die spel en elke deelnemende speler het met ‘n prys huiswaarts gekeer.

Kleinbaai was die algehele wenner met 35.7 punte, gevolg deur Pearly Beach 34.2, Franskraal 33.9, Gansbaai 32.3 en De Kelders 31.4.

George Hunt het met sy 46 punte hierdie Stableford-kompetisie ingepalm. Sy opvolgers was P  van Schalkwyk 43, Jakkie Beukes 42, Pieter Loubser 42, Lieb Louw 41, Jacques Nell 41, Dawie Viljoen 41, Leon Hattingh 40 en ET Engelbrecht 40.

Naaste aan die penne was Frannie van der Linde op no’s 2 en 11 en Lieb Louw op no’s 8 en 17. Bev Swart het die langste sethou op no 18 behaal.

Donderdag se 4 BBB Stableford het R5 000 as eerste prys aangebied.

Die wenners van dié gesogte prys was Pieter Loubser en Melvin Tobias met 51 punte, gevolg deur J Moore en P van Schalkwyk 50, R Viljoen en Wally van Coller 50, Louis van der Vyver en Johan Grove 48, C Claassen en WJ van Rensburg 48, Daniel van der Merwe en Francois van der Merwe 47, Lieb Louw en Jakkie Beukes 47, Frikkie van Eeden en Cobus Dippenaar 47, L Laverlot en J Herling 46, C Anthonie en A Brown 46, Johan Coetzee en Jacques Nell 45, Leon Hattingh en Clive Bailey 45.

Naaste aan die penne was Peter Troost op no’s 2 en 11, F Bruwer op no’s 8 en 17 en Francois van der Merwe op no 15. 

Naaste aan die penne vir twee houe op no 6 was Melvin Tobias en op no 18 wen J van Rensburg.

Die langste dryfhou op no 18 is uitgevoer deur J Philander, met T Moore en P van Schalkwyk wat die boerpotputjies ingepalm het.

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur Leon Lombaard met 17 punte en Frikkie van Eeden was naaste aan die pen op no 17.

Francois van der Merwe, wat die kompetisie puik georganiseer het, het ook  vir uitstekende pryse gesorg.

Saterdag se kompetisie was ‘n 2-Bal Samespel Stableford en die wenners was Francois van der Merwe en Solly Wessels met 48 punte, gevolg deur Melvin Tobias en Wally van Coller 47, P van Schalkwyk en J Moore 46, M Kotze en L Hanekom 46, M Visser en Andre Roos 46, Frans Conradie en J Moore 44, Johan Coetzee en Daan Victor 44 en Charlie Bent en Richard Bentz 44.

Naaste aan die penne was Malcolm Bury op no’s 2 en 11,  E Kotze op no’s 8 en 17 en M Visser op no 15.

Spog Twee’s word aan-geteken deur ET Engelbrecht 2, Francois van der Merwe 2 en M Kotze 11. Charlie Bent teken ‘n arend aan op putjie no 16.

Die maandelikse Houespel word volgende Saterdag gespeel.

Die Sloegterskompetisie vir 2017 begin Woensdag, 11 Januarie.

Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com

Hunt Kraai Koning by Interdorp

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles