Hunt Kraai Koning by Interdorp

Hunt Kraai Koning by Interdorp

Gansbaai Courant

Interdorp wenners

Dit was ‘n besige week vir die lede van Gansbaai Gholfklub. Heelparty kompetisies waartydens groot pryse gewen kon word was op die spel.

Die vyftiende jaarlikse Interdorp kompetisie is Woensdag aangebied met George Hunt wat as wenner weggestap het.

Sextus Neethling was verantwoordelik vir die puik reëlings.  Groot pryse was op die spel en elke deelnemende speler het met ‘n prys huiswaarts gekeer.

Kleinbaai was die algehele wenner met 35.7 punte, gevolg deur Pearly Beach 34.2, Franskraal 33.9, Gansbaai 32.3 en De Kelders 31.4.

George Hunt het met sy 46 punte hierdie Stableford-kompetisie ingepalm. Sy opvolgers was P  van Schalkwyk 43, Jakkie Beukes 42, Pieter Loubser 42, Lieb Louw 41, Jacques Nell 41, Dawie Viljoen 41, Leon Hattingh 40 en ET Engelbrecht 40.

Naaste aan die penne was Frannie van der Linde op no’s 2 en 11 en Lieb Louw op no’s 8 en 17. Bev Swart het die langste sethou op no 18 behaal.

Donderdag se 4 BBB Stableford het R5 000 as eerste prys aangebied.

Die wenners van dié gesogte prys was Pieter Loubser en Melvin Tobias met 51 punte, gevolg deur J Moore en P van Schalkwyk 50, R Viljoen en Wally van Coller 50, Louis van der Vyver en Johan Grove 48, C Claassen en WJ van Rensburg 48, Daniel van der Merwe en Francois van der Merwe 47, Lieb Louw en Jakkie Beukes 47, Frikkie van Eeden en Cobus Dippenaar 47, L Laverlot en J Herling 46, C Anthonie en A Brown 46, Johan Coetzee en Jacques Nell 45, Leon Hattingh en Clive Bailey 45.

Naaste aan die penne was Peter Troost op no’s 2 en 11, F Bruwer op no’s 8 en 17 en Francois van der Merwe op no 15. 

Naaste aan die penne vir twee houe op no 6 was Melvin Tobias en op no 18 wen J van Rensburg.

Die langste dryfhou op no 18 is uitgevoer deur J Philander, met T Moore en P van Schalkwyk wat die boerpotputjies ingepalm het.

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur Leon Lombaard met 17 punte en Frikkie van Eeden was naaste aan die pen op no 17.

Francois van der Merwe, wat die kompetisie puik georganiseer het, het ook  vir uitstekende pryse gesorg.

Saterdag se kompetisie was ‘n 2-Bal Samespel Stableford en die wenners was Francois van der Merwe en Solly Wessels met 48 punte, gevolg deur Melvin Tobias en Wally van Coller 47, P van Schalkwyk en J Moore 46, M Kotze en L Hanekom 46, M Visser en Andre Roos 46, Frans Conradie en J Moore 44, Johan Coetzee en Daan Victor 44 en Charlie Bent en Richard Bentz 44.

Naaste aan die penne was Malcolm Bury op no’s 2 en 11,  E Kotze op no’s 8 en 17 en M Visser op no 15.

Spog Twee’s word aan-geteken deur ET Engelbrecht 2, Francois van der Merwe 2 en M Kotze 11. Charlie Bent teken ‘n arend aan op putjie no 16.

Die maandelikse Houespel word volgende Saterdag gespeel.

Die Sloegterskompetisie vir 2017 begin Woensdag, 11 Januarie.

Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com

Hunt Kraai Koning by Interdorp

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles