Die jaarlikse Trans Agulhas Rubberboot Wedren word as die taaiste rubberboot uitdaagwedren ter wêreld beskou. Die moordende 700km seeroete het Woensdag, 28 Desember 2016 te Plettenbergbaai begin en strek oor 5 dae op see. Die renjaers het in Mosselbaai, Stilbaai, Struisbaai en Uilenkraalsmond vir die opteken van tye aangedoen. Hulle aankoms te Uilenkraalsmond op Oujaarsdag, het weer eens honderde toeskouers gelok. Foto: Robert Johnson
Die bootwedrenjaers van die Trans Agulhas Rubberbootwedren, maak gereed vir hul blitsige wegspring om 08:00 op Nuwejaarsdag vanaf Gansbaai hawe vir hul laaste uitputtende skof na die Strand - ná ‘n rustige nag in Gansbaai waar hulle oornag het.