Vinnige vrywilligers red BARC-diere uit rook

Vinnige vrywilligers red BARC-diere uit rook

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Tragedie is by BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) se hokke voorkom, toe vrywilligers die diere Saterdagmiddag inderhaas uit digte rook gered het.

Die vinnige en doeltreffende optrede deur vrywillige hande, spruit voort uit een van die vele brande wat die afgelope tyd in die Overstrand gewoed het.

Hewige brande is Saterdag, 7 Januarie  rondom Gansbaai en oorkant Stanford aangewakker deur sterk wind.

Die eerste brand wat aangemeld is, was op die plaas Hagekraal buite Gansbaai. Gansbaai Brandweer was nog besig om die brand te blus, toe tyding ontvang is van die brande oorkant die stortingsterrein wat in die rigting van BARC se hokke gewoed het - ‘n brand wat hulle tot 02:00 Sondagoggend besig gehou het. Vrywilligers het sonder versuim by BARC se hokke opgedaag en die 14 honde en 15 katte, wat teen daardie tyd angsbevange geraak het in die digte rookwolke en veldroet, is veilig en betyds verwyder.

‘n Teef met 3 klein hondjies het weggehardloop, maar kort daarna weer teruggekom. Tussen die diere was daar nog ‘n teef met 8 klein hondjies.

Van die vrywilligers wat die diere inderhaas weggery het, is Renier Matthee, Ian de Klerk en Janine Taylor.

Riaan Buys, Danel Burger en Ester Vermeulen het tydelike huisvesting aan van die diere verskaf, met Lorainne Crouse wat na die katte omgesien het. Carol Devitt het kans gesien vir die 8 klein hondjies.

BARC se veldwagter, Nols Jonas en sy eggenote, Hannelie, het Saterdagnag tot 22:00 hokke skoongemaak.

Van die diere is reeds Saterdagnag teruggebring en die res is Sondag, 8 Januarie teruggebring.

Voedselnood

“Ons moes al die kos wat in sakke geberg was, weggooi as gevolg van die veldbrand se roet en rookbesmetting.

‘n Dringende beroep word op die gemeenskap gedoen om honde- en katkos te skenk om sodoende vir die verlies op te maak.

Geen ruskans

Sprake van ‘n ruskans vir die brandweer gedurende die naweek was daar glad nie.

Sondagoggend om 09:00 het ‘n brand naby Stanford uitgebreek.

Om en by middagete het nog ‘n brand tussen die Kleinbaai- Franskraal deurpad en die R43 agter Kleinbaai uitgebreek.

Die brand is eers teen 16:00 onder beheer gebring, waarna die span weer na Stanford moes jaag.

‘n Ernstige beroep word op die gemeenskap gedoen om enige verdagtes, ook kinders, wat in die bosse ronddwaal, aan Gansbaai SAPD te rapporteur sodat dit opgevolg kan word.

Swaarder strawwe

In hierdie verband het SABC se TV 2 nuuskanaal Maandagaand, 9 Januarie 2017 daarna verwys dat swaarder strawwe vir brandstigters daargestel moet word.

Gallie Badenhorst van Gansbaai Brandweer het sy dank en waardering uitgespreek teenoor vele Barmhartige Samaritane wat tydens die brande water, koeldrank en eetgoed vir die brandslaners aangery het.

Vinnige vrywilligers red BARC-diere uit rook

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles