Vinnige vrywilligers red BARC-diere uit rook

Vinnige vrywilligers red BARC-diere uit rook

Gansbaai Courant

‘n Tragedie is by BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) se hokke voorkom, toe vrywilligers die diere Saterdagmiddag inderhaas uit digte rook gered het.

Die vinnige en doeltreffende optrede deur vrywillige hande, spruit voort uit een van die vele brande wat die afgelope tyd in die Overstrand gewoed het.

Hewige brande is Saterdag, 7 Januarie  rondom Gansbaai en oorkant Stanford aangewakker deur sterk wind.

Die eerste brand wat aangemeld is, was op die plaas Hagekraal buite Gansbaai. Gansbaai Brandweer was nog besig om die brand te blus, toe tyding ontvang is van die brande oorkant die stortingsterrein wat in die rigting van BARC se hokke gewoed het - ‘n brand wat hulle tot 02:00 Sondagoggend besig gehou het. Vrywilligers het sonder versuim by BARC se hokke opgedaag en die 14 honde en 15 katte, wat teen daardie tyd angsbevange geraak het in die digte rookwolke en veldroet, is veilig en betyds verwyder.

‘n Teef met 3 klein hondjies het weggehardloop, maar kort daarna weer teruggekom. Tussen die diere was daar nog ‘n teef met 8 klein hondjies.

Van die vrywilligers wat die diere inderhaas weggery het, is Renier Matthee, Ian de Klerk en Janine Taylor.

Riaan Buys, Danel Burger en Ester Vermeulen het tydelike huisvesting aan van die diere verskaf, met Lorainne Crouse wat na die katte omgesien het. Carol Devitt het kans gesien vir die 8 klein hondjies.

BARC se veldwagter, Nols Jonas en sy eggenote, Hannelie, het Saterdagnag tot 22:00 hokke skoongemaak.

Van die diere is reeds Saterdagnag teruggebring en die res is Sondag, 8 Januarie teruggebring.

Voedselnood

“Ons moes al die kos wat in sakke geberg was, weggooi as gevolg van die veldbrand se roet en rookbesmetting.

‘n Dringende beroep word op die gemeenskap gedoen om honde- en katkos te skenk om sodoende vir die verlies op te maak.

Geen ruskans

Sprake van ‘n ruskans vir die brandweer gedurende die naweek was daar glad nie.

Sondagoggend om 09:00 het ‘n brand naby Stanford uitgebreek.

Om en by middagete het nog ‘n brand tussen die Kleinbaai- Franskraal deurpad en die R43 agter Kleinbaai uitgebreek.

Die brand is eers teen 16:00 onder beheer gebring, waarna die span weer na Stanford moes jaag.

‘n Ernstige beroep word op die gemeenskap gedoen om enige verdagtes, ook kinders, wat in die bosse ronddwaal, aan Gansbaai SAPD te rapporteur sodat dit opgevolg kan word.

Swaarder strawwe

In hierdie verband het SABC se TV 2 nuuskanaal Maandagaand, 9 Januarie 2017 daarna verwys dat swaarder strawwe vir brandstigters daargestel moet word.

Gallie Badenhorst van Gansbaai Brandweer het sy dank en waardering uitgespreek teenoor vele Barmhartige Samaritane wat tydens die brande water, koeldrank en eetgoed vir die brandslaners aangery het.

Vinnige vrywilligers red BARC-diere uit rook

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles