As die HERE wil...

As die HERE wil...

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Kom nou, julle wat sê: “Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en 'n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.” Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar 'n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: “As die HERE wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” (Jak. 4:13-15)

Jare gelede toe ek predikant op Duiwelskloof in die Noord Transvaal was, het ek een Sondag met my splinternuwe motor, op Tzaneen, die buurdorp gaan preek.

Ek het reg voor die kerkdeur parkeer  en in die glas-konsistorie ingestap. Ek het my motorsleutels in my baadjiesak gesit en die baadjie opgehang sodat ek my toga kon aantrek. My teks dié dag was Psalm 127: 1 - “As die HERE die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die HERE die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.” Interessant dat ek nog onthou dat ek ook gesê het: “Al het jou huis en jou motor ’n alarmstelsel, sal dit jou niks help as die HERE nie jou eiendom beskerm nie.”

Tydens ’n gebed het ek gehoor hoe ’n motor buite die kerk aangeskakel word en wegry. Ek het nogal gedink dit is snaaks, want ek het niemand uit die kerkgebou sien uitgaan wat kon gery het nie.

Groot was my skok toe ons uitstap en ek sien my motor is weg – gesteel met die sleutels wat ek in my baadjiesak opgehang het in die konsistorie! My beursie en die gemeente se kollektes was gesteel!

Die vraag kom nou by my op: Wanneer kan ons sê “As die HERE wil”? Ek was dan besig met die werk van die HERE terwyl my motor gesteel is? Ons bid dan elke aand: “Beskerm ons huise, stuur U engele om ons te beskerm?” (Ps. 91:11) Is dit dan die HERE se wil dat die verkeerde dinge met ons gebeur? NEE! Sê Jakobus, GOD bring nie versoekings nie en GOD laat nie die kwaad gebeur nie! (Jak. 1:13) Die werklikheid is dat ons in ’n sondige en verskeurde wêreld leef – waar baie mense nie in die HERE se weë wandel en doen wat Hy wil hê ons moet doen nie.

Die waarheid is ook dat ons onsself in alles moet ondersoek en vasstel of dit wat ons doen en hoe ons lewe, binne die HERE se wil is.

Op daardie tydstip toe my motor gesteel is was daar baie dinge wat ek in my lewe en gedagtes gedoen het, wat nie binne die HERE se wil was nie.

My oë het oopgegaan en ek kon daaraan werk.

As die HERE dan toelaat dat dinge in my lewe gebeur sal dit nooit sonder ’n hoër doel wees nie.

Bring jou lewe in lyn met GOD se Woord en vra gedurig vir jouself af: “As dit die HERE se wil is, sal ek dit nog steeds doen?”

As die HERE wil...

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles