Met verwysing na Gansbaai Courant, Vrydag, 30 Desember 2016 en die berig, Ons kyk terug op 2016, is daar foutiewelik na die uitgewer van Gansbaai se Gedenkbundel ‘Gansbaai, ‘n besonderse streek en sy mense,’ as Johan Coetzee van Naledi Uitgewers verwys.
Die Gedenkbundel is deur ‘n span toegewyde mense uitgegee naamlik Gansbaai Gedenkbundel Maatskappy.
Die boek is gedruk en gebind deur J Taylor Pre-Print Solutions.
“Die komitee het van die begin af eenparig besluit om nie van buite-uitgewers gebruik te maak nie,” sê SD Fourie, skrywer en samesteller van die Gedenkbundel saam met Jan Fourie. “Die bedoeling was dat die betrokkenes op hierdie wyse self deel van hul eindproduk sou word.”
Die kosbare erfstuk is op 6 Mei 2016 amptelik tydens ‘n geselligheid bekendgestel. Dit beslaan 420 bladsye, waarvan ‘n groot hoeveelheid in volkleur is.
Die Gansbaai Gedenkbundel is tans in sy derde druk en word by die plaaslike boekwinkel, Gansbaai Book Exchange en Gansbaai Toerisme te koop aangebied.