Die Top Matrikulant in die land, Conrad Strydom van Hermanus Hoërskool, word allerweë as ‘n ware Overstrandse Ambassadeur beskou.
Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Rudolph Smith, het Conrad persoonlik tydens ‘n funksie geluk gewens, asook alle ander 2016 matrikulante in die Overstrand. “Ek kan nie anders as om baie trots op julle te wees nie,” het hy gesê.
Hermanus Hoërskool is ook geluk gewens met ‘n uitstaande 100% slaagsyfer vir hulle 2016 matrikulante, wat, saam met Conrad as Top Matrikulant in die land, ‘n uitmuntende prestasie is.