Hoërskool Overberg in Caledon spog met 18 A-gemiddelde simbole, 170 A’s en ‘n Baccalaureus-slaagsyfer van 80%.
Juandré de Bruyn is die skool se topkandidaat met 93.3% met onderskeidings in al 8 sy vakke.
Die Top 18 kandidate se persentasie gemiddeld is tussen 80.0% en 93.3%. Hulle is: Juandré de Bruyn, Anya Joubert, Alexander Spanellis, Lynnzé Bosman, Alain Daniels, Annika Viljoen, Luke Wessels, Gita Theron, Johanet Fourie, Anette Geldenhuys, Skye du Plessis, Jade van Niekerk, Elizna Smit, Mikayla Delport, Clara Knijf, Elizka van Heerden, Lisa Kroes en Hananja Coetzee.
Alexander SpanellisHoërskool Overberg in Caledon spog met 18 A-gemiddelde simbole, 170 A’s...
Alexander Spanellis is Donderdag, 12 Januarie 2017 by Leeuwenhof, premierswoning van die Wes-Kaap, tydens ‘n prestige geleentheid vereer vir sy eerste plek in die Wes-Kaap vir Rekenaartoepassingstegnologie (RTT). Hy het 97% behaal en het prysgeld van R6000 ontvang.
Alexander is die seun van ‘n neef van Christo Spanellis, eienaar van Overstrand Liquor in Gansbaai.
Die toekenning is deur die Wes-Kaapse premier, Helen Zille in haar ampswoning oorhandig.