Trotse 2017 matriekleerders van Gansbaai Academia het tydens die eerste amptelike saalbyeenkoms van 2017 hul nuwe baadjies en truie ontvang.
Mnr Tommy Wilson, skoolhoof, het elke leerder se baadjie persoonlik oorhandig. Die hoofseun en hoofdogter word uitgeken aan hulle pragtige “maroen”-kleurige baadjies.
Hulle sit voor van links:
Ree-Auden Dreyer, Llewellyn Davids (onderhoofseun), Jacques Prins (hoofseun), mnr Tommy Wilson (skoolhoof), Khanya Xalisile (hoofmeisie), Amy Wolhuter (onderhoofmeisie) en Marushka Spandiel. Agter van links: Sisipho Sgonela, Jesica Vermeulen, Anria Nel, Andre Lourens, Donnadue de Villiers, Heinrich van der Merwe, Jonathan Martin, Carna Nel en Yamkela Ntsizi.