Hierdie tye is ook nodig

Hierdie tye is ook nodig

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nie aangenaam nie maar tog baie nodig. Ek praat nou van die tye dat die weer so is dat jy nie op die see kan kom nie of selfs die tye wanneer die vis van die byt af gaan. Dis mislik ja, maar sal ons, indien dit net ‘n kwessie is van see toe gaan en “vol maak”, daardie tye waarlik waardeer? Soos alles in die wêreld is die moeilike tye nodig om weer die goeie te waardeer.

Hierdie klink amper soos ‘n goeie rede om nie te gaan hengel nie en dan kla ons, maar mens kan mos ook nie uitgepraat raak oor die goeie en die lekker van see toe gaan nie. Ons het die goeie tye gehad toe die geelbek geloop het en dan word daar nog ‘n kabeljou tussenin gevang. Dit lyk asof die makriel steeds met ons is en teen hierdie tyd begin ons al puntenerig raak want eintlik soek ons grotes --  ons is mos nou al mooi gewoond aan die kleiner makriele. Maar laat hulle gee pad dan mor ons weer omdat hulle heel moontlik verkas het. En indien ons tog hotties en romanne vang is dit ook nie van die beste nie, want ons soek eintlik ander spesies! Maar met bogenoemde in gedagte, sal niemand die bevrediging van see toe gaan kan demp nie. Ek weet dat ek as ‘t ware dweep met die see, en somtyds wonder ek self of die baie nuwe reëls en kostes jou nog lank gaan laat aanhou, maar terwyl dit nog moontlik is, sal ek dweep! Dis nie net die hengel wat die   genoegdoening verskaf nie, die see in sy geheel en alles wat daarmee saamgaan is wat dit so uitsonderlik maak. Indien jy iemand is wat oplet na omstandighede om jou sal daardie bootrit jou ook ander dinge laat sien, beleef en waardeer. Dis so half onnodig om te verwys na goed soos natuurskoon, die vele fasette van die see, die plantegroei, die seelewe en ook die sielsrus wat dit bring, want daar is nog so vele ander. En al wat dit vra is om op te let daarna, Hom te sien daarin en waardering te toon.

Hengel van die kant af gee jou kans om die natuur van ‘n ander hoek te bekyk. Jy word nie altyd gedruk deur byvoorbeeld ‘n wilde see nie en kan meer rustig jou dag deurbring en inneem.

Breek bietjie weg van die hengelsituasie en dink aan ons sonsondergange of wanneer jy oor een van ons bergreekse ry en nie anders kan as om die omgewing te bewonder nie. Die wolkformasies! So kan mens aangaan. En wanneer die wind en see so raas en jy noodgedwonge moet skuiling soek of by die huis bly het dit ook tot ‘n mate sy bekoring, want is daar nie ‘n boodskap in vir jou nie? Ook hierdie situasies kort waardering. Dít kweek opnuut respek vir die elemente daarbuite.

Baie groete,
Seemeeu

Hierdie tye is ook nodig

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles