Woensdag het 25 spelers aan die eerste Sloegterskompetisie vir 2017 deelgeneem. Die formaat was ‘n Enkel Stableford en die wenner was Solly Wessels met 44 punte, gevolg deur George Hunt 41, Leon Hattingh 41, Bev Swart 40, Hennie Kriel 40, J Moore 38, Johan Schneider 38, Johan Coetzee 38, Johan Pieterse 36 en Toni Sauter 36. Andre Roos teken ‘n Spog Twee aan op putjie 11 en ‘n Arend op putjie no 6. Die boerpotputjies word gewen deur Leon Hattingh, Solly Wessels en Jacques Nell (10, 13 en 16).
Vrydag se OK Foods 9-putjiekompetisie is gewen deur Etienne Engelbrecht met 19 punte, gevolg deur Johannes van der Walt 16, Andre Roos 16, Leon Lombard 14 en George Hunt 14.
Saterdag se kompetisie was ‘n Bonus Bogey Plus, en die wenner was Jan le Roux met +4, gevolg deur Piet du Toit +4, Steve Muller +3, Fanus Walters +3, Johan Pieterse +3, Solly Wessels +2, Hennie Kriel +1, Sextus Neethling +1, Pierre Pieterse +1 en Toni Putzi 0.
Naaste aan die penne was Toni Putzi op no’s 2 en 11 en Johan Coetzee op no’s 8 en 17. Dankie Leon en Anne vir die wyn! Spog Twee’s word aangeteken deur Daan Victor en Hennie Kriel op putjie no 11.
Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n 4BBB Houespel.
Die Liga se eerste wedstryd word op 28 Januarie teen Theewaterskloof 2 op Gansbaai gespeel.
Die span is: Daan Victor (Kaptein), Jacques Nell, Johan Coetzee, George Hunt, Pieter Loubser en Sextus Neethling. Sterkte manne!
Johan Coetzee
082 878 0534