Strandlopertjies op kykNET NOU!

Strandlopertjies op kykNET NOU!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar heers groot opgewondenheid by Strandlopertjie Bewaarskool in Blompark.  Die sowat 30 kleutertjies gaan eersdaags op die kykNET NOU!-program, Kleuterzone verskyn.

Die opname is vir Donderdag 9 Februarie 2017 geskeduleer en Gansbaaiers staan almal ‘n kans om as gehoor, deel te wees van die verfilming.

Daar is egter een reuse probleem – die skooltjie in Blompark se Dahliastraat het nie ‘n naambord nie en die skooltjie moet dringend een kry voordat die TV-span arriveer!

Ons gesels met Priscilla Cronjé, hoof by die bewaarskool.  Sy vertel dat sy laat verlede jaar op ‘n Facebook-bladplasing gereageer het.  Al wat sy moes doen is om van die blad te hou, sodat haar skooltjie ‘n kans staan om verfilm te word vir ‘n TV-program.

Haar foon se posboodskapfunksie was egter foutief en sy was nie eers daarvan bewus dat Strandlopertjie gekies is vir die program nie.

Toe iemand haar die 14de Desember daarmee help, sien sy dat die ABS Produksie-huis haar reeds die 6de Desember laat weet het dat haar skool kwalifiseer.

Sy het dadelik van haar laat hoor, maar hulle het gesê dat hulle programskedule reeds vol was. Hulle sou nogtans  kyk wat hulle kon doen.

Nie lank daarna nie, is Priscilla in kennis gestel dat haar bewaarskool op die skedule aangebring is en dat die opname Donderdag, 9 Februarie 2017 in Blompark sal plaasvind.

Die skool bestaan slegs uit twee klassies – die Dolfyne en die Walvisse – en hulle is hard besig om te oefen vir die produksie.

Priscilla is so tussendeur besig om briewe na die sakegemeenskap uit te stuur met die hoop om fondse te in vir ‘n naambord.

Enigiemand wat haar van hulp kan wees kan haar skakel by 083 745 4899.

As u graag deel van die opnamegehoor wil wees, kan u dieselfde nommer skakel.

Die opname begin Donderdag, 9 Februarie om 18:00 in Gansbaai Primêr se skoolsaal en kaartjies is vooraf teen R80 vir volwassenes en R40 vir skoliere beskikbaar by Priscilla. Sitplekke is beperk.

Strandlopertjies op kykNET NOU!

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Embrace the PoDHoME Lifestyle with TinyBigHouse

Step into a smarter, more flexible way of living with PoDHoMEs, where modern design meets practical living.

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Truth About Anger

The Truth About Anger

Many people believe peace comes from controlling anger.

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Autumn in Fynbos: The Secret Season of Bloom

Tritoniopsis pulchra, Gladiolus meridionalis and Pauridia curculigoides are three autumn-flowering fynbos bulbs...

Grootbos Foundation
Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

Treat Mom to a Special Mother’s Day Lunch

This Mother’s Day, we’re rolling out the red carpet (and definitely not the dirty dishes).

Great White House
Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

Friendly, Professional Staff at PostNet Gansbaai

At PostNet Gansbaai, we pride ourselves on offering friendly, professional service and a wide variety of products...

PostNet Gansbaai
Brushcutter Hire in Gansbaai

Brushcutter Hire in Gansbaai

If you think buying every garden tool is the way to go, that will get expensive fast.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles