'Skooldrag' diens bring vreugde

'Skooldrag' diens bring vreugde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die wat hul hare kon vleg het dit gevleg en die wat kon strikkies insit het dit ingesit. Netjies geklee in Gansbaai Primêr se skooldrag, het gemeentelede van die St Marks Anglikaanse Kerk Sondag, 15 Januarie 2017 vir ‘n “Terug-Skool-Toe” ere-diens by die kerk opgedaag. Kerkgangers het  skryfbenodigdhede en klere vir die graad 1 klasse van Gansbaai Primêr saamgebring om ouers te help om hul skoolkinders volledig toe te rus vir die nuwe skooljaar.

Vader George Wyngaard van die St Marks Anglikaanse Kerk vertel dat die spontane gedagte dat hulle soos skoolkinders aangetrek het,  groot byval gevind het en baie humor aan die dag verleen het. “Dit was ‘n kostelike gesig om te aanskou,” sê Vader George.

Vader Wyngaard, sy eggenote, Jenny en Maria Salo (Kapelvoog) het die volgende Donderdag, 19 Januarie die donasies aan Tommy Volkwyn, die skoolhoof van die primêre skool, oorhandig.

Die twee graad 1  juffrouens, Maresa de Villiers (Gr 1.1) en Melissa Doyel (Gr 1.2) was baie dankbaar vir die skenking.

Die kleingoed het nie op hulle laat wag nie en hulle eerste liedjie wat hulle vanjaar geleer het, “Weet jy dat Jesus jou lief het” uit volle bors vir die besoekers gesing.

“Ek vertrou dat julle hierdie geskenke sal waardeer, mooi daarna sal kyk en dat julle baie hard sal leer om volgende jaar na graad 2 oor te gaan,” het Vader Wyngaard die graad eentjies gemotiveer.

'Skooldrag' diens bring vreugde

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles