Huizemark se deure nou oop

Huizemark se deure nou oop

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Huizemark Gansbaai stoot hul deure vandeesmaand oop in die Abelone-gebou, Hoofweg No 1.

Die span bestaan uit ‘n paar ou en nuwe Gansbaaiers wat hulle wil toespits op uitstekende kliëntediens vir die omgewing.

Met gekombineerde ondervinding van oor die 61 jaar is hulle gereed om waarde toe te voeg tot die eiendomsmark vir Gansbaai, Hermanus, Stanford, Baardskeerdersbos en Pearly Beach areas.

Sarel en Anna-Marie de Wet is in beheer van die Huizemarktak en is oorspronklik van Rustenburg.  Hulle het verlede jaar permanent kom vestig in De Kelders.  Dit is steeds vir hulle ‘n verrassing om te sien hoeveel ander mense vanuit Noordwes hulle permanent hier in die Overstrand kom vestig het, of gereeld hier vakansie hou.  Hulle loop gereeld bekende gesigte raak.

Nog ‘n bekende gesig in Gansbaai se gemeenskap is die van Ewald Langeveld wat by die Huizemarkspan aangesluit het as ‘n senior agent. 

Die ondervinding en kennis wat hy na die span bring  om as mentor vir nuwe agente op te tree, gaan beslis vrugte afwerp en verseker dat Huizemark se diens altyd professioneel gelewer word.

Internagente, naamlik Ronel de Bruyn, Kobus Laubscher en Andrea Snyman is honger vir die nuwe uitdaging en sien uit na kennis maak met almal wat eiendom wil koop of verkoop.

“Ons beplan om dinge effens anders te doen”, het Andrea, die span se woordvoerder, tydens ‘n onderhoud gesê.  “Ons gaan eienaars nie vra vir ‘n alleenmandaat nie, want ons gaan elke kliënt behandel of hy/sy ons enigste is en alles in ons vermoë doen om hulle eiendom te bemark. Gesonde kompetisie, maar ook goeie samewerking met ander agente sal verseker dat alle rolspelers gelukkig van die tafel af wegstap.   Ons is daarop gefokus om met almal verhoudings op te bou, wat in almal se guns sal tel.”

Huizemark nooi almal uit om hulle te skakel.  U is ook welkom om die kantoor te besoek indien hulle van enige hulp kan wees met die koop of verkoop van eiendom.

Huizemark se deure nou oop

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles