Groentjies word ingelyf by Ovies

Groentjies word ingelyf by Ovies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Amazing Race was een van die genotvolle hoogtepunte van Hoërskool Overberg (Ovies) se Gr 8- oriënteringskamp wat Maandag 9 en Dinsdag 10 Januarie by die skoolkoshuise plaasgevind het.

Die groentjies het tussen baie pret en vrolikheid met hul nuwe skoolomgewing kennis gemaak.

Nog ‘n hoogtepunt, met skreeusnaakse gevolge, was die modeparade.

Modes sal nooit weer dieselfde wees na hul uiters kreatiewe ontwerpe wat van swartsakke, foelie en kleeflint aanmekaar geflans is nie.

Die kamp het afgeskop met ‘n Ken-Mekaar ysbrekersessie. Die 2017 matrieks het daarna voorgevat en skoolreëls en -tradisies met die groentjies bespreek.

Die nuwelinge het ook geleentheid ontvang om hul sporttalent ten toon te stel, by die kleure- en interskole atletiek byeenkomste.

Na ‘n goeie nagrus in Huis van den Berg- en Nerina-koshuis, het al die graad 8’s, onder leiding van mnr Botha, na die kruis gestap vir oggendgodsdiens.

Die kamp is op die rugbyveld afgesluit, waar die nuwelinge bewys het dat hulle die skoollied al goed onder die knie het.

Die leerderraad het egter nog ‘n laaste verrassing gehad: ‘n Waterballon- en ‘n meelgeveg – gepaardgaande met ‘n taai waatlemoensmeerdery!

Die 2017  graad 8-kamp was ‘n fees van sang, dans en pret, maar ook ‘n belangrike stap in enige graad 8 se skoolloopbaan waar die skool se kultuur en waardes vasgelê is.

Groentjies word ingelyf by Ovies

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles