'n Seemens - dié is oom Sakkie

'n Seemens - dié is oom Sakkie

Gansbaai Courant

Nou die dag ‘n familielid as kuiergas gehad.

Niks vreesliks eienaardig hieraan nie, maar oom Sakkie het sy hele lewe al die see as fokuspunt gehad en dit maak sy kuier so interessant.

Amper al deel van ons.

Baie jare al hengel hy en het veral op bote sy merk gemaak. Nou nie dat hy enigiets uitstaande gedoen het nie  --  iets soos byvoorbeeld ‘n boek oor die hengelkuns op die mark geplaas nie of ‘n prestasie behaal het wat sy naam gaan verewig nie.

Maar hy het nie nodig gehad om so iets te gedoen het nie. Wat hom merkwaardig maak is sy geselsies.

Daar is altyd iets nuuts en daar is altyd iets te leer. En niks maak hom baie opgewonde nie of hy praat nooit so dat jy voel jy móét na hom luister nie.

Maar dis juis die punt. Jy kan ure omgesels met die man en dit gaan dikwels oor hengeltegniek en gewoontes, maar meestal wil hy na jóú luister.

Laat ek oom Sakkie eers beskryf: Al oor die tagtig en jare al afgetree  op Stilbaai met sy vroutjie, tannie Maureen. Hy doen nog baie wat menige ander nie voor kans sien nie. Seker stadiger en rustiger en is boonop baie vriendelik. ‘n Lang man. Met enigeen sal hy gesels, oor omtrent enige onderwerp, maar gesels visvang en hy kry daardie ekstra glans in sy oë.

Wat my altyd interesseer is dat hy met gesag kan praat oor die vis wat die normale hengelaar gewoonlik in belang stel, hoewel sy kennis veel verder strek as dit. 

Ons praat nou van byvoorbeeld galjoen, grunters (knorders) en die tye toe hy, jare terug, in die rivier by Stilbaai, nou bekend as Goukourivier, vis soos kabeljou en elf gevang het. Wanneer hy rustig oor die see tuur wonder jy soms watter herinneringe hy ervaar. En kan die man vir jou ‘n vernielde visstok opdollie  --   dis sy trots.

Die heuning wat hy self gaan oes uit sy eie neste en dan in potjies verwerk is smullekker.

En gee vir oom Sakkie ‘n tuin, die man kan oor enige plant saamgesels en kan ure hier deurbring. En moenie dink hy gaan jou aanstaar terwyl jy werk nie, hy wíl en gáán jou help!

Amper laat ek die see en hengel agterweë.

Deesdae vind hy nog tyd om grunters in die riviermond te vang en hoor hier, as jy seker wil maak jy is suksesvol met hierdie vis  laat hy jou bietjie touwys maak. ‘n Wenk van sy kant  -- hy beveel die ligs moontlike lyn aan met verkieslik geen sinker nie. ‘n Nr. 4-hoek sal doen met bloedwurm as aas, en baie belangrik, laat die vis homself vasslaan.

Ek sien oom Sakkie nog waar hy soos ‘n ribbok oor die rotse spring en klouter, en so sal hy my altyd bybly  --  ek weet, dis die see wat so maak!

Groete,
Seemeeu

'n Seemens - dié is oom Sakkie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles