'n Seemens - dié is oom Sakkie

'n Seemens - dié is oom Sakkie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nou die dag ‘n familielid as kuiergas gehad.

Niks vreesliks eienaardig hieraan nie, maar oom Sakkie het sy hele lewe al die see as fokuspunt gehad en dit maak sy kuier so interessant.

Amper al deel van ons.

Baie jare al hengel hy en het veral op bote sy merk gemaak. Nou nie dat hy enigiets uitstaande gedoen het nie  --  iets soos byvoorbeeld ‘n boek oor die hengelkuns op die mark geplaas nie of ‘n prestasie behaal het wat sy naam gaan verewig nie.

Maar hy het nie nodig gehad om so iets te gedoen het nie. Wat hom merkwaardig maak is sy geselsies.

Daar is altyd iets nuuts en daar is altyd iets te leer. En niks maak hom baie opgewonde nie of hy praat nooit so dat jy voel jy móét na hom luister nie.

Maar dis juis die punt. Jy kan ure omgesels met die man en dit gaan dikwels oor hengeltegniek en gewoontes, maar meestal wil hy na jóú luister.

Laat ek oom Sakkie eers beskryf: Al oor die tagtig en jare al afgetree  op Stilbaai met sy vroutjie, tannie Maureen. Hy doen nog baie wat menige ander nie voor kans sien nie. Seker stadiger en rustiger en is boonop baie vriendelik. ‘n Lang man. Met enigeen sal hy gesels, oor omtrent enige onderwerp, maar gesels visvang en hy kry daardie ekstra glans in sy oë.

Wat my altyd interesseer is dat hy met gesag kan praat oor die vis wat die normale hengelaar gewoonlik in belang stel, hoewel sy kennis veel verder strek as dit. 

Ons praat nou van byvoorbeeld galjoen, grunters (knorders) en die tye toe hy, jare terug, in die rivier by Stilbaai, nou bekend as Goukourivier, vis soos kabeljou en elf gevang het. Wanneer hy rustig oor die see tuur wonder jy soms watter herinneringe hy ervaar. En kan die man vir jou ‘n vernielde visstok opdollie  --   dis sy trots.

Die heuning wat hy self gaan oes uit sy eie neste en dan in potjies verwerk is smullekker.

En gee vir oom Sakkie ‘n tuin, die man kan oor enige plant saamgesels en kan ure hier deurbring. En moenie dink hy gaan jou aanstaar terwyl jy werk nie, hy wíl en gáán jou help!

Amper laat ek die see en hengel agterweë.

Deesdae vind hy nog tyd om grunters in die riviermond te vang en hoor hier, as jy seker wil maak jy is suksesvol met hierdie vis  laat hy jou bietjie touwys maak. ‘n Wenk van sy kant  -- hy beveel die ligs moontlike lyn aan met verkieslik geen sinker nie. ‘n Nr. 4-hoek sal doen met bloedwurm as aas, en baie belangrik, laat die vis homself vasslaan.

Ek sien oom Sakkie nog waar hy soos ‘n ribbok oor die rotse spring en klouter, en so sal hy my altyd bybly  --  ek weet, dis die see wat so maak!

Groete,
Seemeeu

'n Seemens - dié is oom Sakkie

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles