Engeland hier kom ons Tanya

Engeland hier kom ons Tanya

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tanya Smit van Gansbaai Munisipaliteit: Operasionele Dienste, is gekeur om as skeidsregter by die 2017 World Eight Ball Pool Championships in Engeland te gaan optree.

Sy en vyf damespotspelers, asook die spanbestuurder, Anya Roux  maak  deel uit van die Suid-Afrikaners wat gekeur is.

Hierdie eer het Tanya te beurt geval nadat die South African Pool Referee Association (SAPRA) haar verlede jaar as verteenwoordigende skeidsregter van Suid-Afrika aangewys het.

Die kampioenskappe is vir 24 Junie tot 5 Julie 2017 in die Imperial Hotel, North Promenade, Blackpool in Engeland geskeduleer.

Die Suid-Afrikaanse span het hulself bewys as ‘n gedugte span vir die komende kampioenskappe, waaraan 14 lande vanjaar gaan deelneem.

Borgskappe gevra

‘n Toernooi soos hierdie,  impliseer hoë kostes. Elke verteenwoordiger benodig ‘n minimum van R24 900.

Die bedrag maak voorsiening vir onder andere ‘n vliegkaartjie, 13 nagte se akkommodasie, visa-aansoeke, inskrywingsgelde en voorgeskrewe sport kleredrag.

“Ons het reeds met ‘n lootjielys begin wat sal help, maar wat onvoldoende sal wees,” sê Tanya. “Finansiële borgskappe word dringend benodig om te bepaal of die span wel na Engeland sal kan gaan al dan nie.”

Tanya stewig in skeidsregtersaal

Tanya het sowat 8 jaar gelede met Potspel (“Pool”) begin, en haarself binne 2 jaar as skeidsregter gekwalifiseer en dien tans as skeidsregter vir Western Province Country Region (WPCR).

Sy het vroeg in haar potspelloopbaan besluit haar eintlike liefde vir die spel is in die rol van skeidsregter gesetel. Sommer in haar eerste jaar as skeidsregter is Tanya tydens ‘n Suid-Afrikaanse Toernooi in 2012 as “Skeidsregter van die Toernooi aangewys”.

In 2014 ontvang sy haar Springbokklere as Potspel-skeidsregter vir WPCR in die Wes-Kaap.

Kontakbesonderhede

Belangstellende donateurs kan  Tanya  by 079 566 1930 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by tsmit@overstrand.gov.za.

Engeland hier kom ons Tanya

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles