NG Kerk Sendingspan slaggereed vir die nuwe jaar

NG Kerk Sendingspan slaggereed vir die nuwe jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Bediening Sending van die NG-gemeente, Gansbaai se span is gerat vir die nuwe jaar se sendingaksies.

Van hulle fokuspunte wat aandag geniet, is plaasbediening in Baardskeerdersbos se omgewing, Eluxolweni by Pearly Beach, Kersetes vir Silwerjare Dienssentrum in Blompark, Transkei (Kokstad en omgewing) en die Makhathini-vlaktes in KwaZulu-Natal (ou Noord Zululand). ‘n Mondvol vir ‘n handjievol mense.

Makhathini-vlaktes

Tans is daar 23 klein gemeentes wat reeds gestig is as gevolg van die groot afstande op die vlaktes.

Die mense wat daar woon is onbeskryflik arm en leef in primitiewe omstandighede, met feitlik al die mans wat elders werk. Vroue en kinders is dus hoofsaaklik op hul eie aangewese.

Johan Hulme en sy span is reeds sedert 1990 betrokke by die bou van kerke daar – vanaf fondasies, strukture tot by selfs die kerkbanke en preekstoele wat alles self vervaardig word.

Johan en sy span het altesaam al sowat 10 kerke gebou. 

Vrouens in die span, asook vanuit die gemeentes, werk fisies self net so hard tydens die bou van die kerke. Tydens sommige van hulle besoeke daar word daar ook onderhoudswerk aan die bestaande kerke gedoen.

Gansbaaiers het met elke besoek aan die Makhathini-vlaktes deur die span, finansiële bydraes, asook klere, speelgoed en ander tuisgemaakte items daarheen gestuur.

Die  gemeentes word onder leiding van ds Louwrens van der Westhuizen bedien. Saam met hom is ds Baba Kunene, wat daar gebore is en grootgeword het.

Hy het as evangelis begin, maar het later as predikant gekwalifiseer.

Hierdie twee predikante se regterhand is evangelis Bongenkosie (Bongi) Mthembu en sy eggenote, Lindiwe.

Bongi bedien die gemeentes al vir vele jare - aanvanklik per fiets tussen die gemeentes.

Hy het Gansbaai al verskeie kere op versoek besoek. Lindiwe bedryf ‘n broodnodige kleuterskool met sowat 90 kleuters. Gansbaai se NG Vrouediens het haar gehelp om die nodige kwalifikasies as kleuterskoolonderwyser te verwerf.

Sy benodig egter skryfbehoeftes en ander kleuterskool benodigdhede waarvoor daar nie fondse is nie en waar sy net op borgskappe en donasies moet staatmaak. 

Transkei

In Kokstad-omgewing is daar sowat 8 gemeentes en 5 takke onder leiding van ds Christo Wooding.

Die sendingspan verleen ook daar gereeld noodsaaklike hulp en Gansbaaiers het al vele kartondose met klere, poppe en speelgoed saam met die span daarheen gestuur.

Plaaslik

Hier plaaslik fokus die sendingspan hoofsaaklik op plaasbediening tussen Gans-baai en Baardskeerdersbos met die reël van eredienste, hulpverlening en onder-steuning.

Saam met die VGK-gemeente word daar ook na Eluxolweni omgesien ten opsigte van eredienste en ondersteuning.

Silwerjare Dienssentrum word elke jaar met ‘n gesellige Kersete bederf, waarby geskenkies, heerlike saamkuier en ‘n groot en smaaklike bord kos in ‘n pragtig-versierde saal aangebied word.

Navrae en/of hulpverlening en borgskappe, veral vir besoeke aan die Makhathini-vlaktes, kan aan die voorsitter, Johan Hulme by 082 564 1959 of 028 388 0814 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan Johan by jghulme@gmail.com.

NG Kerk Sendingspan slaggereed vir die nuwe jaar

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles