Eienaardige vis

Eienaardige vis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Donkiejare terug vang ek ‘n vis wat ek op daardie stadium gedink  het ‘n natuurfrats is. Op sy kop was iets wat soos ‘n bek gelyk het, met tande en ‘n “gorrelpyp”. Boonop was daar ‘n “slurp” vooraan  sy kop wat jou herinner het aan die voorwiel van ‘n vliegtuig.

Daarna vang ek een sonder die snaaksigheid op die kop, en dit het my laat dink. Intussen slimmer geword en die vis geëien as ‘n ‘elephant fish’, ook bekend onder andere as ‘n St. Josefhaai. Die ander eienaardigheid was dat geeneen (selfs manne komende vanaf die weskus) daarvan bewus was dat daar twee tipes van hierdie haaie is nie. Tot vandag sukkel baie mense om duidelik te antwoord op enige vrae in die verband. Die antwoord op my navraag was gewoonlik, “almal het die bek op die kop” of, “almal het dit nie”!

Toe was ek eendag heel gelukkig om hier by ons, albei die spesie op een dag te vang. Verwys gerus na die foto.

Na foto’s geneem is, is daar kontak gemaak deur middel van Gansbaai Courant met dr Compagna van die Kaapse museum. Die gevolg was ‘n artikel in die Gansbaai Courant van 19 April 2002 waarin ‘n baie volledige beskrywing van hierdie vis gegee is.

Ek het intussen vasgestel dat in van die visboeke daar ook na hierdie visse verwys word, maar  volgens my is dit nie baie beskrywend nie. Toe die nodige inligting gestuur is aan Veldfokus was die resultaat dat dit buite hulle belangstellingsveld val.

Ander  eienaardighede is: dis die mannetjie met die ekstra “bek”, wat eintlik gebruik word as vashoumeganisme om met die wyfie te paar. Wonder nogal hoe hy dit regkry met die wyfie wat sekerlik “op sy kop sit”! Hierdie vis is, volgens dr Compagna, baie primitief en vir die afgelope een miljoen jaar bykans onveranderd.

O ja, die doel van die slurpneus  --  hy slurp water hiermee na sy kieue. Die vis word ook aan die weskus deur netvissers getrek aangesien die filette oorsee baie gewild is.

Indien jy dus in die toekoms hierdie vis vang, herken die mannetjie aan die “bek” op die kop  --  en onthou, dis ‘n woelige vis om te vang, en (jammer vir jou, vissie) hy smaak glo lekker. 

Baie groete,
Seemeeu

Eienaardige vis

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles