Dikkoppie broei eiers uit agter hofgebou

Dikkoppie broei eiers uit agter hofgebou

Gansbaai Courant

‘n Gespikkelde dikkoppie (spotted thick-knee), Burhinus capensis, wat hou van reg en geregtigheid.

Dít is die moedertjie wat haar 2 eiers rustig en vol vertroue dat dit veilig is, binne ‘n afgebakende area in die Overstrandse Munisipale Hof in Hermanus se parkeerarea wil uitbroei.

Dean Gardiner, Omgewingsbeampte van Overstrand munisipaliteit, sê dikkoppies bou nie werklik ‘n nes in die ware sin van die woord nie. Hulle lê doodeenvoudig hul eiers in die veld.

“Dit bring mee dat die eiers blootgestel is aan vele gevare wanneer die “moedertjie” verplig is om die nes onbewaak te laat,” sê hy.

Aangesien dit nie goed is om ‘n dikkoppie se nes te versteur nie, is besluit om die area waar sy haar twee eiers gelê het, met amptelike verkeerslint af te baken om voetgangers weg te hou.

Volgens Dean is dit nie die eerste keer wat dié dikkoppie haar eiers op die presiese plek lê nie. “Wanneer hulle ‘n veilige plek ontdek het en waar daar ook ‘n goeie voedselvoorraad is, is hulle geneig om jaar na jaar na dieselfde plek terug te keer.”

Dikkoppies het ‘n interessante manier om die aandag van hul eiers af te trek.

Wanneer sy iemand se aandag wil aftrek, sal sy  opspring en met ‘n groot lawaai weghardloop.

Soms skep dikkoppies ook die idee dat ‘n vlerk gebreek is, sodat hulle deur aanvallers agtervolg word omdat hulle kwansuis swak of beseer is. Sodra ‘n aanvaller egter té naby kom, vlieg hulle weg.

Die gespikkelde dikkoppie word sowat 45.5cm in hoogte, het lang bene en bruin-wit gespikkelde vere wat uitstekende kamoeflering in die veld aan hulle bied. Hulle maak jag op insekte, klein soogdiertjies en akkedisse.

Dikkoppie broei eiers uit agter hofgebou

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles