Dikkoppie broei eiers uit agter hofgebou

Dikkoppie broei eiers uit agter hofgebou

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Gespikkelde dikkoppie (spotted thick-knee), Burhinus capensis, wat hou van reg en geregtigheid.

Dít is die moedertjie wat haar 2 eiers rustig en vol vertroue dat dit veilig is, binne ‘n afgebakende area in die Overstrandse Munisipale Hof in Hermanus se parkeerarea wil uitbroei.

Dean Gardiner, Omgewingsbeampte van Overstrand munisipaliteit, sê dikkoppies bou nie werklik ‘n nes in die ware sin van die woord nie. Hulle lê doodeenvoudig hul eiers in die veld.

“Dit bring mee dat die eiers blootgestel is aan vele gevare wanneer die “moedertjie” verplig is om die nes onbewaak te laat,” sê hy.

Aangesien dit nie goed is om ‘n dikkoppie se nes te versteur nie, is besluit om die area waar sy haar twee eiers gelê het, met amptelike verkeerslint af te baken om voetgangers weg te hou.

Volgens Dean is dit nie die eerste keer wat dié dikkoppie haar eiers op die presiese plek lê nie. “Wanneer hulle ‘n veilige plek ontdek het en waar daar ook ‘n goeie voedselvoorraad is, is hulle geneig om jaar na jaar na dieselfde plek terug te keer.”

Dikkoppies het ‘n interessante manier om die aandag van hul eiers af te trek.

Wanneer sy iemand se aandag wil aftrek, sal sy  opspring en met ‘n groot lawaai weghardloop.

Soms skep dikkoppies ook die idee dat ‘n vlerk gebreek is, sodat hulle deur aanvallers agtervolg word omdat hulle kwansuis swak of beseer is. Sodra ‘n aanvaller egter té naby kom, vlieg hulle weg.

Die gespikkelde dikkoppie word sowat 45.5cm in hoogte, het lang bene en bruin-wit gespikkelde vere wat uitstekende kamoeflering in die veld aan hulle bied. Hulle maak jag op insekte, klein soogdiertjies en akkedisse.

Dikkoppie broei eiers uit agter hofgebou

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles