In memoriam: Bertus Botha

In memoriam: Bertus Botha

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Albertus Nel Botha, beter bekend as Bertus, is Maandag, 30 Januarie 2017 op die ouderdom van 76 jaar en 9 maande oorlede, sowat 5 maande nadat hy finaal afgetree het.

Ds Dirk van Dyk het Saterdag, 4 Februarie 2017, die roudiens vanuit die NG-gemeente, Gansbaai, waargeneem.

Bertus is op 3 Mei 1940 in Calvinia gebore, waar hy die oudste van 6 kinders was en waar hy ook grootgeword het.

Sowat 18 jaar gelede, op 24 Julie 1999, lui die huweliksklokkies vir hom en Suna – vir elkeen van hulle   ‘n tweede huwelik. Die heuglike seremonie het in Gansbaai plaasgevind.

Bertus spog met 3 dogters en ‘n seun: Mariana Cox met 3 kinders; Alta Kapp met 3 kinders en 4 kleinkinders; Sandra Potgieter met 2 kinders; Arno Botha met 1 kind.

Suna het 1 dogter en 1 seun: Cormaré Bloemerus met 2 kinders; Wessels van Deventer met 2 kinders. Dus was Bertus pa van 6, oupa van 13 en oupagrootjie van 4 - ‘n groot gesin met hegte onderlinge gesinsbande.

Bertus het as ‘n werkholis in die boubedryf bekend gestaan. Sy persoonlike spreekwoord was altyd: “’n Mens het nie geleerdheid nodig om te werk as jy wil werk nie!”

Hy was genoodsaak om reeds as 16-jarige seun met sy beroepslewe te begin en het aanhou werk tot September 2016 - ‘n beroepslewe van 60 jaar.

“En as hy nie so geweldig met sy voet gesukkel het nie, het hy steeds aangehou met werk!” vertel Suna.

Aanvanklik het Bertus vragmotor bestuur en daarna het hy as ‘n opgeleide brandweerman gewerk. Hy begin sy  beroepslewe in die boubedryf by WJM Konstruksie, waar hy gewerk het tot en met sy eerste aftrede by die maatskappy in 1996.

Van aftrede was daar egter nie sprake nie. In 1998, slegs 2 jaar ná sy “aftrede,” begin Bertus sy eie besigheid, Overberg Smallworks, wat hy vir die daaropvolgende 20 jaar vanuit Kleinbaai op sy eie bedryf het.

Sedertdien het hy algemeen as ‘n verantwoordelike en knap bouer in die omgewing bekend gestaan.

“Daar staan bakens van my pa se werk en bouwerk vanaf Kaapstad tot in Kleinbaai!” het sy dogter, Marianna gesê.

Al was hy ‘n bouer, was sy groot liefde houtwerk en wanneer die geleentheid daar was, het hy tyd daaraan spandeer. Hy het onder andere al die kombuiskaste in hulle huis in Kleinbaai self gemaak en geïnstalleer.

Bertus laat sy eggenote, Suna, 6 kinders, 13 kleinkinders en 4 agterkleinkinders na.

In memoriam: Bertus Botha

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles