Die opwinding van waterfotografie

“Waterfotografie is een van die kategorieë van fotografie waar geduld en ‘n baie stewige driepoot van groot belang is,” het Robert Johnson, Gansbaai Fotografieklub (GBC) Maandag, 6  Februarie 2016 gesê. “Soos in die geval van alle wenfotokombinasies, moet die fotograaf bereid wees om hard vir sy foto te werk.”

Enige vorm van waterfotografie is aanvaarbaar, solank water die oorheersende onderwerp is: Lopende water; watervalle; dou- of waterdruppels; stormagtige water (die see); damme; ys en selfs stoom.

The exposure triangle have to be taken into consideration in photographing water: Shutter speed - freezes or blur the movement. The faster the shutter speed, the less light is let through; Aperture - depth of field. Open the aperture to let in more light; ISO - sensor sensitivity. Adjust ISO to make the sensor more sensitive to enable more light to come through. (ISO stands for International Organisation for Standardisation).

Points to remember: To freeze movement - fast shutter speed; to blur moving water - slow shutter speed.

“Tips” for photographing waterfalls: slow shutter speed (2 seconds+); first or last light of the day, or an overcast day; tripod; ND Filter is needed – slow down; wind may have a negative effect on the background; Use a polarising filter for glare at the bottom and glare on wet rocks; Be aware of people or debris nearby the waterfall, however, people can create scale.

Dit is maar enkele wenke tydens Robert se gereelde opleidingsessies wat die moeite werd is om by te woon.

GBC vergader elke 1ste en 3de Maandag van die maand om 18:30 te Groeneweide Kwekery. Navrae rakende lidmaatskap kan aan Veronica du Plessis by 084 826 8781 gerig word, of kontak Nelleke Ferreira by 082 403 3372. Die klub se webtuiste is www.gbpc.co.za.

‘n Uitstekende foto van lopende water wat deur Robert Johnson geneem is.  Hy het ure-lank halflyf in die water gestaan vir die regte oomblik.
Nog ‘n besonderse foto deur Robert Johnson, Gansbaai Fotografieklub se opleidingsfotograaf, met ‘n wasige (blurred) oseaan op die voorgrond en ‘n duidelike beeld van Tafelberg en ‘n boot op die agtergrond.
GansbaaiCourantNew