Valentyn pret oral in omgewing

Valentynsdag se vreugdevure het Dinsdag, 14 Februarie 2017 voluit gebrand.

Herberg-aan-See se inwoners is nie agterweë gelaat nie. Gansbaai Goue Hande, bekend vir hul enorme werk by die tehuis, het ‘n spesiale Valentynsontbyt vir die inwoners voorgesit.

Valentynsdag se vreugdevure het Dinsdag, 14 Februarie 2017 voluit gebrand. Herberg-aan-See se inwoners is nie agterweë gelaat nie. Gansbaai Goue Hande, bekend vir hul enorme werk by die tehuis, het ‘n spesiale Valentynsontbyt vir die inwoners voorgesit. Agter vlnr Anita Botha, Loretta van Zyl, Francia van Dyk (sameroeper), Suzie Rademan, Jeanette Crafford, Amanda le Roux, Elra le Roux, Sally Bezuidenhout en Uten de Milander. Voor vlnr is 3 inwoners, Suster Linda Meyer, Hermiena Groenewald en Annette Otto.
Lee-Ann van den Berg (links) en Jeanette Vermeulen van Bon-Bon Materiale het heel gepas vir Valentynsdag se tussen hulle materiale aangetrek.
Gansbaai Toerisme kon Valentynsdag nog nooit weerstaan nie. Voor sit Akhona Jordaan en agter vlnr is  Maureen Valentine (op Valentynsdag), Glenda Kitley (Bestuurder) en Doulene Els.
Johan en Elcine Hulme het op ‘n Valentynsete vir vriende besluit. Hulle twee sit voor en agter vlnr is Dawie en Amanda le Roux, John en Marlene van Rooyen (agter mekaar), Seffie en Hettie Esterhuyse, Anita Botha en ds Dirk van Dyk.
Hierdie groep rooi-getooide dames is almal personeellede van Gansbaai Munisipaliteit Administrasie en het selfs die kliënte opgewonde oor Valentynsdag gehad.
Gerrit Cloete en Stella Swart loer deur ‘n versierde hoepel, met Stella se rooi lippe wat ietwat aan die groot kant lyk!
Gansbaai Superspar het hartjie-koekies aan kliënte uitgedeel. Vlnr Anneline, Fundiswa, Lea, Laetitia, Jakkie, Riana, Mariette en hulle glimlaggende kliënt, Dawid Roos van De Kelders.
GansbaaiCourantNew