Klink vir my na ’n goeie plan!

Klink vir my na ’n goeie plan!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die HERE: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!” (Jer. 29:11) 

Jare terug, net só na my 50ste verjaardag, nadat ek geskei is en my amp as predikant neergelê het,   het ek een oggend in my stiltetyd op die volgende teksvers afgekom in Jeremia 1:4 en 5: “Die woord van die HERE het tot my gekom: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.” Wat wou die HERE vir my sê? Moes ek weer vir Hom gaan werk al was dit nie in my ou Kerkgenootskap nie? In daardie tyd het ek 7 bevestigings uit die Woord gekry wat alles daarop gedui het dat ek weer vir GOD voltyds moes werk – Ek moet net gehoorsaam wees – Hy is getrou – want het Hy my dan nie al in die moederskoot vir Hom afgesonder nie? (Jer. 1:5)

GOD verseker jou dat wanneer jy jou lewe oorgee aan Hom en Jesus as jou Verlosser aanvaar en dit met jou mond bely en in jou hart glo (Rom. 10:9,10) jy ’n nuwe mens is. “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”  2Co 5:17 Dit is waar! GOD kan enige lewe verander in sodoende die toekoms verander. Glo jy nie dat Hy ook vir jou al geken het voordat jy gebore is nie? Net soos wat Hy vir Jeremia en Paulus en baie ander gelowiges planne gehad het nog voordat hulle gebore is, het GOD vir my en jou duidelike planne.

Maar die probleem is dat  daar twee ander stel planne is wat met GOD se plan kompeteer. Daar is jou eie planne en dié van die duiwel. Nie een van hierdie twee planne kan met GOD s’n vergelyk word nie, maar die meeste van ons kies dikwels een van die hierdie twee – of ons eie plan of die duiwel s’n. Luister weer: Ons kies. Dit is nie GOD se wil dat ons teen Sy plan ingaan nie – maar ons het ’n keuse.

Die beste ding wat jy kan doen, is om te reageer op GOD se roeping in jou lewe. Dit is jou roeping om jou lewe oor te gee aan Jesus Christus en deur gehoorsaamheid en vertroue die persoon te word waarvoor GOD jou geroep het. Hierdie roeping is groter as jyself, maar GOD het alreeds jou met Sy krag begenadig om hierdie roeping uit te leef. Jy moet die keuse doen om te lewe volgens Sy plan vir jou.  “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die HERE: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!” (Jer. 29:11)

Klink dit nie vir jou na ’n goeie plan nie? Neem jou Bybel en gaan soek die antwoord biddend!

(O ja. Ek het toe weer begin om vir GOD voltyds te werk. En dit, verseker ek jou, is die beste tyd van my hele lewe!)

Klink vir my na ’n goeie plan!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles