An urgent invite to qualified teachers in the “Art” of dance, speech and drama, musical instruments, singing and gospel - for solo’s, duets, trio’s, groups and choirs.
“We welcome you to come aboard for the formation of a committee in our endeavours to inspire talent in our community for arts and culture, which will be an established yearly event,” says Lynette van Wyk.
Heleen Sliep en haar span van Kleinmond het gedurende 2016 ‘n soortgelyke talentkompetisie met groot sukses aangebied. Lynette van Wyk en Edna van der Linde van Gansbaai beplan om dieselfde suksesvolle talentkompetisie vir Gansbaai te reël wat voor die einde van die jaar aangebied sal word.
Lynette en Edna deel Heleen se entoesiasme dat hierdie talentkompetisies ‘n jaarlikse instelling vir Overstrand in geheel sal word.
Die eerste stap in die rigting van Gansbaai se eie talentkompetisie, is die stigting van ‘n professionele komitee.
Die komitee sal dan onder andere verantwoordelik wees vir die beplanning daarvan, asook om voornemende deelnemers en borge te kontak.
Belangstellendes om op die komitee te dien, kan vir Edna van der Linde by 028 384 8346 kontak, of stuur ‘n e-pos aan haar by sgeldenhuys@over strand.gov.zaLynette van Wyk kan by 082 480 0197 gekontak word.