Dit was die ene rooi getooide hengelaars en gaste tydens die Birkenhead Boothengelklub se Valentynsfunksie Saterdag, 11 Februarie 2017.
Rikus de Wet het as seremoniemeester opgetree in die plek van Philip Fourie (voorsitter), wat ‘n ernstige rugoperasie ondergaan het.
Pryse vir vorige boothengelkompetisies, wat as gevolg van geen funksies wat plaasgevind het nie, is ook aan die hengelaars oorhandig.
Die gesellige aand het gepaard gegaan met egte Valentynsmusiek deur Jan Lourens en sy Musiekfabriek wat die valentynsvoete laat jeuk het.
Len en Ané van Hermanus, gereelde gaste by die bootklub, het vir ‘n verrassing gesorg met die uitstekende en professionele uitvoering van die Argentine Tango dans.
Thérèse de Wet het die gelukkige kaartjienommers getrek, met Elna Batt van Gansbaai en Deon Steyl van Hermanus wat elk ‘n bottel wyn gewen het.
Met ‘n smaaklike Gamon en mostertsous, asook bykosse, kon dit nie beter gaan nie en daar is tot laataand gekuier en gedans.