Eienaardige boothengelmaniere

Eienaardige boothengelmaniere

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Elkeen van ons het maar ons eie eienaardighede, en as dit kom by hengel is daar gewoonlik ekstras! Vandag wil ek uitwei oor so ‘n paar uitsonderlike gevalle. Laat ek eers verduidelik dat daar glad nie verwys word na enigeen se hengelvaardighede nie  --  dit is mos so dat ons almal een of ander tyd ‘n afdag beleef, wat die speelveld somtyds baie gelyk maak. Ander tye is jy net nie so seker nie!! Die eienaardighede waarna ek verwys lê meestal in die manier van hengel.

Laat ek regverdig wees en sommer by myself begin. Ek hengel baie maal met meer as een lyn, somtyds met soveel as vier. Ek sal gou verduidelik; die idee is dat al die lyne verskillend voorberei word en wanneer enigeen meer suksesvol blyk te wees, op kom die ander. Hierdie manier van hengel kan ek egter nie aanbeveel nie, dis beslis nie baie gewild onder die manne nie. Ek probeer dit afleer, maar is ook nie juis hierin suksesvol nie.

Nou, voorbeeld nommer 2. Hy het altyd gevang met ‘n katrol wat soos ‘n maer vark skree. Blykbaar kon hy nooit die fout herstel nie, maar hy is tevrede. Een gevolg is dat geen seevoël dit weens die geraas naby die boot wil waag nie.

Nommer 3. Hy glo aan sy “juweliersware”. Wat jy aan die lyn sien is stukke spons, plastiekpypies, veelkleurige krale en ook ander goed wat ek nog nie kon identifiseer nie. Maar hy vang.

Nommer 4. Sy snaaksigheid lê in die verskillende visstokke wat hy op die boot gebruik  --  baie lig of baie dik en swaar. Hom al aangeraai om die ou dikkes aan die munisipaliteit te verkoop wat dit kan gebruik om die afvoerpype mee oop te steek. Gelukkig kan hy ‘n grap vat.

Nommer 5. Nog net een ander geval waarvan oorlede Maans my vertel het. Die man het sy tekkelboks oopgemaak en wat te voorskyn gekom het was ‘n klomp gekoekte nylon. So het hy een lyntjie beetgekry, aas aangesit en die lyntjie stelselmatig losgeknoop en oor die kant laat sak. Een of ander stadium sou die lyn diep genoeg wees en wanneer ‘n vis gebyt het was dit die diepte waarin hy die res van die dag gevang het.

Nee wag, daar is tog ‘n nommer 6. Niks verkeerd met sy toerusting nie maar die heel dag, en ek meen heeldag, word daar vreeslik gekreun en gesteun en luid asem gehaal gedurende die vangery. Waarom? Ek weet nie, die vis is nie só groot nie!

Lekker vang,  
Seemeeu

Eienaardige boothengelmaniere

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles