Overberg Kushengelklub baljaar onder Bellmanne

Overberg Kushengelklub baljaar onder Bellmanne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die kushengelaars van Overberg Kushengelklub het behoorlik baljaar onder die bellmanne, pragtige visse.

Dit was die klub se eerste kushengelkompetisie vir die jaar wat Saterdag, 4 Februarie 2017, plaasgevind het. ‘n Groep van die “heldhaftige” hengelaars het die vorige aand sommer langs die see geslaap.

Die manne wat met die bellmanne gespog het, is: Dawie Toua (grootste vis, ‘n bellman van 2.86kg, asook die 2de swaarste sak; Arno van der Merwe (swaarste sak van 3.12kg, ook bellmanne).

Elba Tredoux van die klub verwys ook na hulle “nuwe klubhuis” – die lapa op Lada Germishuys se plaas, Uilenkraal. “Dit het vir groot opgewondenheid gesorg en lekker kuiers word vir die toekoms daar voorspel,” het Elba gesê.

Die suksesse van 2016 se hengelprestasies is terselfdertyd gevier. Die voorsitter, Frans Claassen, het tradisioneel weer met ‘n klompie pittighede oor “visstories” vorendag gekom. Interessanthede rakende visname vanuit die volksmond, het ook opgeduik: John Dory - Zeus Faber, vernoem na die Griekse God Zeus; Mosselkraker (Sparodon durbanensis) - Witviskop, Beenbek, Silwersteenbras en Stompkop; Galjoen (Coracinus capensis), met Coracinus wat “kraakbek” beteken en Capensis wat “van die Kaap” beteken. Die naam “Galjoen” kom van die Nederlandse word, “Galei” wat na die vis se vegtersinstink verwys.

2016 se Kampioene

Die 2016 trofeë-wenners (en kampioene) van Overberg Kushengelklub vir 2016 was: Eldo Marais (klubkampioen vir 2016); Eric Coetzee (reserwe kampioen vir 2016); Anthony Melly (grootste galjoen, 2.91kg); Oubaas Lesch (grootste steenbras, 5.4kg); Arno van der Merwe (grootste Kabeljou, 5.13kg); Eldo Marais (grootste mosselkraker, 7.42kg); Leibrandt van Niekerk (voorsitterstrofee); Eldo Marais (meeste massa, 22.22kg). Oubaas Lesch lê in die 3de posisie, met Anthony Melly 4de, Sihan Toua 5de en Stephen Ashlin 6de.

Overberg Kushengelklub baljaar onder Bellmanne

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles