Ai, ek wens ek was só volmaak

Ai, ek wens ek was só volmaak

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”   (Mat 5:48)

Die dominee het een Sondag vir die gemeente gevra of daar iemand is wat dink hy is volmaak, dan moet hy opstaan. Daar was ’n lang stilte en toe staan daar, reg voor in die gemeente ’n klein mannetjie op. Toe die dominee hom vra of hy dink hy is volmaak, antwoord hy: “Nee, Dominee, nie ek nie, maar ek staan hier in die plek van my vrou se oorlede man. Hy was blykbaar volmaak!”

Ek dink nie daar is ‘n Christen wat nog nie met hierdie probleem van vol-maaktheid geworstel het nie. Hoe kan ek volmaak wees as ek elke dag besef hoe onvolmaak ek is? As ek maar net aan my gedagtes dink wat gedurig myself en ander mense veroordeel, besef ek my onvolmaaktheid opnuut. Die Bybel sê self daar is geen mens wat nie gesondig het nie – almal het gesondig. (Rom. 3:23; 1 Joh. 1:8) Tog moet ons as Chris-tene nooit vergeet dat Jesus ons sondeskuld weggeneem het. Hy het die verhouding met GOD herstel. Al bly ons nog sondaars en al sondig ons nog elke dag, weet ons nou dat ons verloste sondaars is. (1 Tim. 1:15) Nou beweeg ons in GOD se volmaakte ruimte in – ons bly sondig, maar GOD beskou ons as volmaaktes! Ons is volmaak omdat Hy volmaak in ons is!

Net soos die liggaam 'n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus.” (1Kor. 12:12) 

Hierdie beeld van Paulus oor die liggaam van Christus kan ook as bewys dien van hoe ‘n klein deeltjie soos die hand, voet of die minder betaamlike gedeelte, vol-maak inpas in die groter geheel. Jy is dalk net ’n oor, of ’n voet in die liggaam van Christus – maar jy is nie minder belangrik as byvoorbeeld die oog nie. Jou rol in die liggaam maak jou volmaak. Sonder die liggaam, op jou eie, bly jy onvolmaak. Net so kan die liggaam nie volmaak wees sonder jou wat die hand of die vingers is nie.

Die oomblik as jy voor GOD staan en besef jy is op jou eie en eintlik sonder krag (powerless), gaan jy jouself kan oorgee aan Hom wat sterk is. “As ek swak is, dan is ek sterk” (2 Kor. 12:10)

Hier is goeie nuus vir julle almal wat gereeld in sonde struikel of gereeld besef hoe onvolmaak julle is: As jy oorgee (surrender) aan GOD, as jy jou afhanklikheid teenoor Hom besef – word jy as volmaakte gereken! 

Alleen as ons deel van die liggaam van Jesus Christus is, is ons volmaak. Ons roem daarom nie meer in ons eie krag of prestasies nie – maar ons stel ons ondergeskik aan Jesus, ons Verlosser en HERE!  Ervaar jy ook nou, soos ek, die verligting? Volmaak in Jesus! Leef dan as volmaakte!

Verheerlik Jesus in jou lewe!

Ai, ek wens ek was só volmaak

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles