'Uitspanners' is kampioen potprutters op TV-kanaal

'Uitspanners' is kampioen potprutters op TV-kanaal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Laat die potte prut” - en toe wen Owl’s Pub se span die DSTV program op VIA 147 se potjiekos-kompetisie loshande.

Die program-aanbieder het die eienaar van Owl’s Pub, Jason Blunden, onverwags een Vrydagaand geskakel en gevra of hy in die kompetisie sou belangstel. Jason het die uitdaging aanvaar en die volgende dag moes ‘n naam vir sy span, ‘n plek waar die kompetisie sou plaasvind en die spanlede se besonderhede verskaf word.

Jason se spanlede was Lezelle Jacobs (Owl’s Pub), Boemba Fourie (Visserman op Bella Prima) en Goebels Geldenhuys (Visserman op Vleigans).

“Ons het op die naam ‘Die Uitspanners’ besluit, aangesien daar gereeld by Owl’s Pub uitgespan en ontspan word,” het Lezelle gesê. Die daaropvolgende Woensdag het die span met hul potjies en bestanddele na De Uijlenes vertrek, waar die kompetisie opname sou plaasvind.

Verskeie areas in die Overberg het elk 6 spanne ingeskryf.

Die “Uitspanners” van Owl’s Pub se keuse vir die 4 potjies wat gemaak moes word, was Alikreukel (1), Perlemoen (2), Bokkombrood (3) en Gegeurde rys (4).

Lezelle sê dit was ‘n lang dag wat baie geduld geverg het, maar wat hulle ook baie geniet het, veral om te sien wat alles agter die skerms tydens filmwerk gedoen word.

“Ons het so teen 09:30 begin en alles moes twee keer gedoen word, met kameras die hele dag rondom jou wat maar aan die senuwees geknaag het,” vertel Lezelle.

“Die hele gedoente is eers teen 21:00 die aand afgehandel.”

Sy sê daarna het die ergste deel van die kompetisie gevolg:

Niemand is as wenners aangewys nie.

Die spanne moes wag vir die uitsending van die program op 30 Januarie 2017 op die DSTV-kanaal VIA 147 om te sien wie die wenners was. “Die oomblik toe ons besef die “Uitspanners” het gewen, was ons oorstelp van vreugde en al wat ek vir almal daar buite kan sê, is: As so ’n geleentheid opduik, gryp dit aan en ‘go for it’, dit is ‘n fantastiese ervaring.”

'Uitspanners' is kampioen potprutters op TV-kanaal

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles