Gansbaai Krieketklub het Sondag, 19 Februarie 2017 daarin geslaag om Stanford se manne in die Sondag 20/20 Liga-wedstryd met 23 lopies te klop.
Gansbaai het 1ste gekolf en was op 65/5 in die moeilikheid. Danksy ‘n 68 lopies vennootskap tussen Gurshwin Davids 65 nie uit nie (6x4) (3x6) en Corrie Avenant 21 (2x4), kon Gansbaai 156/7 in 20 boulbeurte aanteken. Hennie Schreuder het ook met 32 lopies (3x4) (2x6) tot die totaal bygedra.
Daarna het Stanford gaan kolf, maar kon slegs 133/7 in hulle boulbeurte aanteken.
Gansbaai se beste boulers was Gurshwin Davids (4-0-19-2); Hennie Schreuder (4-0-30-2; Emile Julies (2-0-11-1); Driaan Kriel (4-1-26-1); Corrie Avenant (4-0-26-1).
Eerskomende naweek gaan ‘n 6-aan-‘n-kant span van Gansbaai aan Villiersdorp se “six-a-side” toernooi deelneem.
Die semi-finale wedstryd tussen Gansbaai en Kleinmond vir die Burgemeesterstrofee kon as gevolg van reën nie gespeel word nie. Dié belangrike wedstryd sal nou Sondag, 5 Maart 2017 gespeel word.
Heinrich Vermeulen