Teiken! Rondtes! Vuur! Pistoolklublede oefen hul vernuf

Teiken! Rondtes! Vuur! Pistoolklublede oefen hul vernuf

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is bekende woorde op die skietbaan, insluitend die voorafgaande vereiste en gepaste bevele deur die baanbeampte van Gansbaai Pistoolskietklub, Alec Kitley.

Saterdag, 18 Februarie 2017 het ‘n goeie klompie lede opgedaag vir hul gereelde skietoefeninge op die skietbaan agter Gansbaai Lions se klubsaal.

Pistole en moderne windbukse was aan die orde van die dag. Alec as baanbeampte en Andy Hammond as veiligheidsoffisier het die skuts met arendsoë dopgehou om almal se veiligheid te verseker.

Gansbaai Pistoolskietklub is op 10 Februarie 1994 gestig, met die veteraan, Alec Kitley, wat steeds ná sowat 23 jaar as voorsitter en baanbeampte dien.

Tans is daar sowat 50 klublede, waarvan sowat 20 aktiewe lede is.

Die Bestuur vir 2017 is: Alec Kitley (voorsitter en baanbeampte), Andy Hammond (ondervoorsitter en veiligheidsbeampte), Frans en Corinne (sekretaris) de Wet en Kathy Hammond (tesourier).

Bykomende bestuurslede is Steve Celliers, Adri Wessels, ds Stoney Steenkamp en Dirk Ackermann.

Die klub se oefentye onder die wakende oog van hulle ervare baanbeampte is elke Saterdagoggend vanaf 08:00 tot ongeveer 10:30 en kinders met windbukse is welkom.

Navrae om lidmaatskap kan aan die ondervoorsitter, Andy Hammond by 028-384-2062 gerig word, of skakel die voorsitter, Alec Kitley by 028-384-0335 of 083-379-2275.

Teiken! Rondtes! Vuur! Pistoolklublede oefen hul vernuf

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles