Barry Milroy Johnson (73), geliefde sakeman en mede-eienaar saam met sy vrou, Gayle, van Coffee on the Rocks in De Kelders, is Maandag, in ‘n volgepakte NG Kerk op Stanford, finaal gegroet.
Ds Neil Olvagen het die diens op ‘n besonderse wyse gelei wat begrafnisgangers diep laat nadink het.
Die begrafnisbrief, met die opskrif: “A celebration of the life of Barry Milroy Johnson”, se 1ste strofe lui: “Feel no guilt in laughter, he knows how much you care; Feel no sorrow in a smile, that he’s not here to share.”
‘n Paar eienaars van veteraanmotors het daarmee by die diens opgedaag. Barry het ‘n groot voorliefde vir klassieke motors gehad en hy en sy vriende het die klub, Classic Car Lunch Group gestig en gereeld bymekaar gekom.
Barry het Saterdag, 18 Februarie, ná ‘n baie ernstige beroerte-aanval, gesterf.
Hy het op die R43 net buite Gansbaai gery toe hy die beroerte kry. Hy het beheer oor die voertuig verloor en was in ‘n ernstige botsing met ‘n aankomende voertuig betrokke.
Barry laat sy vrou, Gayle, twee seuns Guy, wat in Londen woon en Liam van Kaapstad en sy dogter, Vera wat in Sydney woon, agter. Hy word ook deur sewe kleinkinders oorleef.
Midde-in al die hartseer, is daar dieselfde nag, 27 Februarie by Coffee on the Rocks ingebreek.