Skenk my wysheid, o, Here!

Skenk my wysheid, o, Here!

Gansbaai Courant

“GOD het aan Salomo baie groot wysheid en verstand gegee en insig in soveel sake as wat daar sand aan die see is.” (1Kon. 4:29)

“Wysheid begin met die dien van die HERE” (Spr. 1:7)

“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van GOD bid, en Hy sal dit aan hom gee.” (Jak. 1:5)

So baie kere in ’n mens se lewe het jy wysheid nodig. Jy kom voor ’n probleem tot stilstand en wonder hoe jy dit gaan oplos. Jy besef jou inkomste is te min om die stygende lewenskoste te dek en dan soek jy wysheid. Jou kinders worstel deur ’n krisis en jy moet hulle met wysheid help. Hoe kry ’n mens daardie wysheid?

Salomo word algemeen in die Bybel erken as die man wat die meeste wysheid gehad het. Toe GOD hom in ’n droom vra om enige iets te kies vir sy koningskap – het hy nie rykdom, beroemdheid of ’n sterk weer-mag gekies nie, maar wysheid. Wat sê Salomo waar kom wysheid vandaan?  “Wysheid begin met die dien van die HERE” (Spr. 1:7) Jakobus bevestig dit as hy skryf: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van GOD bid, en Hy sal dit aan hom gee.” (Jak. 1:5)

“Wysheid” beteken die ver-moë om te weet hoe GOD wil hê jy jou lewe moet inrig en hoe jy in elke situasie moet optree.

Hierdie wysheid is geen bonatuurlike wysheid wat ’n mens sommer vanself het of uit boeke of by mense geleer het nie. Jy het dit net as jy GOD in gebed daarvoor vra (Jak. 1:5) en jy jou laat lei deur die Heilige Gees.(Joh. 16:13) Hier kom die antwoord nou duidelik deur: Wysheid is om naby GOD en Sy Woord te leef en algaande meer en meer te leer van GOD se wil vir jou lewe. Hoe nader  jy aan GOD leef, hoe meer wysheid sal jy hê. Ware wysheid is om na GOD te kyk en jou antwoorde op jou knieë te kry. Wysheid begin wanneer ons die HERE GOD erken vir wie Hy is en insien dat Sy weë die beste is.

Begin om jou aan GOD te verwonder. Sy liefde, genade en ontferming oor jou is só groot en oorvloedig – en Hy sal jou lei in elke saak waarvoor jy wysheid nodig het. Intussen moet jy opstaan van jou knieë en voluit elke dag aanpak en alles wat jy doen, na die beste van jou vermoë doen. Dit is alreeds ’n groot stuk wysheid!

Skenk my wysheid, o, Here!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles