Skenk my wysheid, o, Here!

Skenk my wysheid, o, Here!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“GOD het aan Salomo baie groot wysheid en verstand gegee en insig in soveel sake as wat daar sand aan die see is.” (1Kon. 4:29)

“Wysheid begin met die dien van die HERE” (Spr. 1:7)

“As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van GOD bid, en Hy sal dit aan hom gee.” (Jak. 1:5)

So baie kere in ’n mens se lewe het jy wysheid nodig. Jy kom voor ’n probleem tot stilstand en wonder hoe jy dit gaan oplos. Jy besef jou inkomste is te min om die stygende lewenskoste te dek en dan soek jy wysheid. Jou kinders worstel deur ’n krisis en jy moet hulle met wysheid help. Hoe kry ’n mens daardie wysheid?

Salomo word algemeen in die Bybel erken as die man wat die meeste wysheid gehad het. Toe GOD hom in ’n droom vra om enige iets te kies vir sy koningskap – het hy nie rykdom, beroemdheid of ’n sterk weer-mag gekies nie, maar wysheid. Wat sê Salomo waar kom wysheid vandaan?  “Wysheid begin met die dien van die HERE” (Spr. 1:7) Jakobus bevestig dit as hy skryf: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van GOD bid, en Hy sal dit aan hom gee.” (Jak. 1:5)

“Wysheid” beteken die ver-moë om te weet hoe GOD wil hê jy jou lewe moet inrig en hoe jy in elke situasie moet optree.

Hierdie wysheid is geen bonatuurlike wysheid wat ’n mens sommer vanself het of uit boeke of by mense geleer het nie. Jy het dit net as jy GOD in gebed daarvoor vra (Jak. 1:5) en jy jou laat lei deur die Heilige Gees.(Joh. 16:13) Hier kom die antwoord nou duidelik deur: Wysheid is om naby GOD en Sy Woord te leef en algaande meer en meer te leer van GOD se wil vir jou lewe. Hoe nader  jy aan GOD leef, hoe meer wysheid sal jy hê. Ware wysheid is om na GOD te kyk en jou antwoorde op jou knieë te kry. Wysheid begin wanneer ons die HERE GOD erken vir wie Hy is en insien dat Sy weë die beste is.

Begin om jou aan GOD te verwonder. Sy liefde, genade en ontferming oor jou is só groot en oorvloedig – en Hy sal jou lei in elke saak waarvoor jy wysheid nodig het. Intussen moet jy opstaan van jou knieë en voluit elke dag aanpak en alles wat jy doen, na die beste van jou vermoë doen. Dit is alreeds ’n groot stuk wysheid!

Skenk my wysheid, o, Here!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles