JP doen sy ding

JP doen sy ding

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nou die dag is daar ‘n klop aan die deur en J P stel homself bekend. Het geboer op Swellendam en het nou in  De Kelders kom aftree. Boonop ’n splinternuwe rubberboot laat bou, met ‘n 15 pk. 4-slag-enjin en iemand het hom aanbeveel om met my te kom praat. Hy wil graag boothengel doen, sê hy, en weet nie genoeg van die see nie. Hy het darem al twee keer op sy eie probeer, maar het deurmekaar geraak met die kontrole van die enjin met die gevolg dat hy regs beweeg in plaas van links, en andersom, en dan is daar nog ‘n “reverse” en “neutral” ook, almal op die stuurhefboom. Bowendien hom lam geskrik toe ‘n paar swellings kom vriende maak. Ons praat baie lekker en ek nooi hom die volgende dag saam, op my boot. Die vis byt nie lekker nie en J P probeer hard, met nie veel sukses nie. Maar hy is gretig om te leer en met ‘n aanpassing of twee gaan dit reeds beter.

Die volgende dag wy ons sy bootjie in. J P hou my dop terwyl ek skipper en hom die gate wys.

Ek vind die kombinasie van boot en motor ideaal vir hierdie omstandighede en ons vang op die koop toe ook ‘n paar vissies. Dis wel ‘n vreemde stelsel, ook vir my, en ek maak self ‘n onverwagse draai of twee. Net buite Gansbaai-hawe gooi ons vir ‘n laaste keer anker en besluit dan om klaar te maak en terug te keer. J P neem oor. Ek gee “orders” van voor in die boot. Eintlik heel onnodig. Hy leer gou en doen baie goed. Ons vorder tot baie na aan die vasmeerplek en skielik vlieg ons vorentoe!! Dan ewe skielik agtertoe en so nou en dan links en dan weer regs. Ek praat kalmerend. J P mompel so tussen-in en kom dan tot stilstand. Na ‘n harde asemhaling of twee kry hy sy dinge agtermekaar en ons beland veilig teen die kaai en plaas die boot (jammer, dié het nog nie ‘n naam nie) veilig op die sleepwa.

Hierdie man is reeds lief vir die see en gaan nog baie visse vang. Welkom, J P en vroutjie, Carina.

Baie groete,
Seemeeu

JP doen sy ding

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles