Kleingoed lei dié naweek se sportfees in

Strandlopertjie Bewaarskool het verlede Saterdag hulle jaarlikse sportdag gehou. Dit was ‘n vrolike dag vir die jongklomp en hul ouers en die skoolhoof, Priscilla Cronjé was verheug oor die goeie opkoms.

Juwayne Robertson neem hier deel aan ‘n naelloop-item. Hy het homself bewys as ‘n uitstekende deelnemer met ‘n ware sportmangees. Die kleingoed se sportdag was ‘n goeie inleiding vir hierdie naweek se sportfees wat deur die Overstrand Munisipaliteit op Gansbaai se sportgronde aangebied word. 

Verrigtinge begin om 08:00 en besoekers kan hulle regmaak vir rugby, sokker, krieket en netbal.

Strandlopertjie Bewaarskool het verlede Saterdag hulle jaarlikse sportdag gehou. Dit was ‘n vrolike dag vir die jongklomp en hul ouers en die skoolhoof, Priscilla Cronjé was verheug oor die goeie opkoms. Juwayne Robertson neem hier deel aan ‘n naelloop-item.  Hy het homself bewys as ‘n uitstekende deelnemer met ‘n ware sportmangees.  Die kleingoed se sportdag was ‘n goeie inleiding vir hierdie naweek se sportfees wat deur die Overstrand Munisipaliteit op Gansbaai se sportgronde aangebied word.  Verrigtinge begin om 08:00 en besoekers kan hulle regmaak vir rugby, sokker, krieket en netbal.
Om met ma se groot skoene resies te hardloop is glad nie so eenvoudig nie.  Gerencia Jacobs het dit met grasie reggekry.
Die deelnemertjie agter, doen die ‘kameelloop’ perfek met ‘n meelsakkie wat sy op haar rug balanseer, maar Khayone Mtokwana het besluit sy knyp sommer die sakkie onder haar arm vas en spaander wenpaal toe.
Levanco Jacobs konsentreer om sy eerste posisie te behou, met ‘n laggende Blake Dickson wat volg.
Om te hardloop en deur die veelkleurige hoepels te beweeg, was deel van Strandlopertjie Bewaarskool se prettighede.  Evelynn Damon het dit terdeë geniet.
Om met ‘n roomys beloon te word vir jou deelname was ‘n groot aanmoediging vir die kleingoed.  Evelynn Damon en Isivile Lose het die sportdag terdeë geniet.
Om hierdie aartappel op die lepel te balanseer en volspoed vorentoe te hardloop is voorwaar ‘n kuns wat klein Caleb Absolome uitstekend bemeester het.
Alicia Dhysua geniet elke oomblik van haar wedloop.
Isivile Lose en Anothando Sinelethu sukkel nie met die aartappelloop nie.  Hulle hou dit doodeenvoudig vas en nael vir die wenpaal waar ‘n hele skare familielede en vriende hulle staan en aanmoedig het.