Minister besoek skool

Minister besoek skool

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Minister van Onderwys, Debbie Schafer, se besoek aan Gansbaai Academia verlede Maandag (27 Februarie 2017) was ‘n vroeg-in-die-jaar hoogtepunt vir die skool.

Die minister is deur verskeie hooggeplaastes, parlementariërs, Overstrandse Raadslede en die Direkteur van Onderwys in die Overberg, Betram Loriston vergesel.

Die doel van die besoek was om gesprek te voer oor die verskeidenheid van uitdagings wat Gansbaai Academia in die gesig staar.

Die skoolhoof, mnr Tommy Wilson en sy personeel is gelukgewens met die puik prestasies wat tydens die 2016 matriekeksamens behaal is.

Mnr Loriston het dit onomwonde gestel dat, desondanks vele uitdagings wat die hoof gebied moet word, Gansbaai Academia een van sy beste skole in die Overberg is. “Dit gaan om goeie leierskap en kwaliteit onderrig,” het hy gesê. “Die hoof en sy personeel moet gelukgewens word en hulle verdien die hele Gansbaai, insluitend besighede, se volle ondersteuning.”

‘n Welkome aankondiging van vyf nuwe klaskamers wat teen 2019 of vroeër voltooi behoort te wees, is gemaak.

Met verwysing na die busdiensprobleme na en van Stanford, waaroor Gansbaai Courant onlangs berig het, het die minister haar teleurstelling daaroor uitgespreek. Sy het onderneem om haar volle aandag aan die onaanvaarbare situasie te skenk.

Die minister het ook onderneem om na aansoeke wat die skool vir twee addisionele onderwysposte ingestuur het om klasgroottes te verlaag, te kyk. Die gesprekvoerders tydens die besoek was dit eens dat, desondanks die kontekstuele faktore en vele uitdagings, Gansbaai Academia met van die beste hoërskole vergelyk kan word.

Minister besoek skool

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles