Aktrise Lindie Stander gesels oor haar lewe by Vrouediens-oggend

Aktrise Lindie Stander gesels oor haar lewe by Vrouediens-oggend

Gansbaai Courant

Die bekende en veelsydige aktrise, Lindie Stander, het haarself verlede Saterdag (4 Maart) as formidabele gasspreker bewys. 

Die spesiale en keurige geleentheid is deur die De Kelders Vrouediens onder leiding van Adele Swart in die Pretoriussaal gereël.

Lindie het tydens haar bykans twee uur lange praatjie, vertel dat haar  optrede as die “nar” van haar gesin tydens haar kinderjare, waarskyklik bygedra het tot haar keuse om drama te gaan studeer.

Gansbaai se musiekonderwyser, Pieter van der Merwe het  twee van sy begaafde  musiekstudente ingespan om vooraf vir luisterryke optredes te sorg. Dit was maar die tweede geleentheid waar Tiaan Boshoff voor ‘n gehoor optree.  Hy het uitmuntende sang gelewer met die sing van Jerusalem.

Zulene van Niekerk, al  byna ‘n “ou” hand agter die klavier, het L’Ocean gespeel. Altwee het aanhoudende applous vir hul optredes ontvang.

Pieter, ‘n gekwalifiseerde musiekonderwyser in klavier, kitaar en sang, se klavierspel van “Jesus min my salig lot” het groot byval onder die gehoor gevind. Pieter is ook die hoofeksaminator van ALMSA, voorheen bekend as die Akademie vir Ligte Musiek Suid-Afrika, maar deesdae bekend as Kontemporêre-, Jazz- en Gospelmusiek Suid-Afrika, alhoewel die afkorting ALMSA behoue gebly het.

Lindie praat oor haar lewe

Lindie vertel dat haar  optrede as die “nar” van haar gesin tydens haar kinderjare, waarskyklik bygedra het tot haar keuse om drama te gaan studeer.

Sy het aanvanklik eers die wêreld gaan verken, onder andere as vrywilliger op ‘n kibutz in Israel.

Op haar reis na sukses en as een van Suid-Afrika se geliefde aktrises, moes Lindie egter eers vele struikelblokke, veral in haar persoonlike lewe oorkom.

Sy het “blatant” eerlik na haar lewe vóór haar bekering, sowat vyf jaar gelede, verwys. ‘n Traumatiese ervaring as ‘n vyfjarige dogtertjie, was dat sy haar pa se selfdood aanskou het.

Roem op verkeerde wyse

Lindie het vertel hoe sy roem op die verkeerde wyse nagestreef het, met verkeerde mense deurmekaar geraak het en dat selfs dwelms ‘n groot rol in haar lewe gespeel het. Met haar vegtersinstink het sy na perfeksie in alles wat sy aangepak het gestreef, maar op die verkeerde manier en met verkeerde bedoelings.

Lindie het in ‘n rehabilitasiesentrum beland, waar sy sowat vyf jaar gelede tot bekering gekom het en sy sê dat sy nog nooit weer teruggekyk het nie.

Sy het besef dat sukses en roem nie lewensgeluk bied soos wat sy aanvanklik gedink het nie.

Ondanks haar verlede, is Lindie vandag ‘n begaafde en veelsydige aktrise. Sy het haar honeursgraad in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch in 1998 verwerf. In 1995 was sy een van ses studente wat gekeur is om die gesogte B-Drama te studeer.

Tydens haar jare op universiteit het sy haar eerste solo-vertoning geskryf en dit op enige beskikbare platvorm opgevoer, waarna vele “Eenvrou”-vertonings by kunstefeeste gevolg het.

Sy het al haar tekste self geskryf en is gou as ‘n pioneer in die Afrikaanse komedie beskou.

Lindie het ook televisie-uitdagings aanvaar – eers as aanbieder van die joernaalprogram, Kwêla en na 2 jaar die gewilde “Elsie” in die sepie, Binnelanders.

Daarvoor het sy ‘n ATKV-mediaveertjie vir die Beste Aktrise ontvang.

Gansbaaiers gaan nog lank oor die heerlike oggend saam met De Kelders se Vrouediens gesels.

Aktrise Lindie Stander gesels oor haar lewe by Vrouediens-oggend

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles