Groot dinge is aan die gebeur by Jane’s Car Spa. Die eienares, Jane de Villiers (op die foto saam met haar werkspan) het ‘n behoefte in die mark raakgesien en is van voorneme om haar nuwe planne net so presies uit te voer, soos wat sy haar motorwassery tot op hede hanteer het.
‘n Splinternuwe en baie nodige diens wat aangebied word, is dat motorsitplekoortreksels nou ook by die Spa ingehandig kan word om gewas te word.
Klante kan ook hul los matte daar kom aflaai vir gehalte skoonmaakdiens. Sitkamerstelle daarenteen sal by die klant se huis gewas word.
Jane is baie opgewonde oor die nuwe ‘valet’ masjien wat sy aangeskaf het om van dié take te verrig.
Die nuwe skoonmaakproses is ‘n baie droër en vinnige proses wat terselfdertyd kiemdodend is, hoewel dit eko-vriendelik is, soos al die ander produkte wat Jane gebruik.
Stoffering en matte word dus nie deurweek nie en is baie gouer droog.
Hierdie uitbreiding by Jane’s Car Spa is beslis ‘n aanwins vir Gansbaai. Maak seker dat u hierdie nommer byderhand hou vir besprekings – 076 126 2956 .