Ontmoet hierdie bekroonde skrywer

Ontmoet hierdie bekroonde skrywer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaaiers kan volgende Dinsdag, 14 Maart, saam met die bekende en bekroonde skrywer, Chanette Paul kuier.

Gansbaai Leeskring nooi almal wat in haar skryfwerk belangstel na hul oggend met Chanette vanaf 10:00 by die Biblioteeksaal.

Belangstellendes kan by Annemarie du Plessis bespreek.  Haar nommer is 082 486 0135.

Die skrywer

Chanette is gebore in ‘n era toe vroue nog voorskote met frilletjies gedra het.  Sy word rond en bont groot, woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly.Voor sy begin skryf het, was sy kortstondig ‘n ondrwyseres en het ‘n paar jaar lank ‘wearable art’ gemaak in ‘n klerefabriekie wat sy bedryf het.  Sy het ook haar hand gewaag aan die verf van enigiets waarop sy haar hande kon lê en die resultate by ‘n kunsmark probeer verkoop.

Op die oomblik woon sy in ‘n skewerige huis in die Overberg op die oewer van die Kleine Rivier waar die man in haar lewe ‘n rivierboot bedryf.

Hier in Stanford, is sy bedrywig met allerlei storiedinge, probeer sy haar kat vet kry en vlooiloos hou. 

Sy versamel graag goeters vir haar huis, is ‘n leesvraat en musiekliefhebber, ‘n onkundige tuinier en ‘n vrot kok – aldus haar webblad.

Sy hou graag walvisse dop in naburige kusdorpe, is mal oor snorkel en hoop sy sien eendag ‘n meermin.

Haar nuutste boek, Offerande, is deel 2 van die Offer-tweeluik en voltooi die verhaal van Caz Colijn wat in Offerlam – deel 1 – afgeskop het.  Offerlam is reeds in Nederlands gepubliseer en die Engelse vertaling verskyn later vanjaar. 

Offerande word tans in Nederlands vertaal en die verwagte publikasiedatum is April 2017.

Kom ontmoet hierdie skrywer wat gereeld nuwe vaarwaters betree en reeds op sestienjarige ouderdom ‘n sprokie geskryf het vir ‘n kleuterprogram wat oor die radio voorgelees is.

Ontmoet hierdie bekroonde skrywer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles