Black Leaves sal hul beste moet lewer

Black Leaves sal hul beste moet lewer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Black Leaves rugbyspan sal hul beste moet lewer vir vanjaar se rugbykompetisie van die Boland se groot uitdaagbeker kompetisie wat bepalende faktore inhou.

Indien hulle onder die laaste twee spanne eindig, is die spreekwoordelike valbyl oor die span se nek.

Die span van Black Leaves lyk egter goed voorbereid as gevolg van die vier voorseisoense  vriendskaplike wedstryde wat hulle gespeel het, onder andere: Ranger van Bredasdorp (2x), Riviersonderend en Rocklands van Mitchells Plain.

Die manne is nog nie op volle sterkte gesien nie, maar dié wat wel in aksie was, het nie teleurgestel nie. Die manne het elke moontlike geleentheid aangegryp om enige posisie vol te staan en dit was ‘n goeie aanduiding vir hul passie en honger vir die spel.

Daar word verwag dat die spel vanjaar nie ligtelik nie, maar baie ernstig opgeneem sal moet word.

Hierdie kompetisie behoort vanjaar soveel opwinding in te hou dat daar nie op die louere gerus sal kan word nie, veral nie met nege klipharde spanne van die Overstrand daarin nie.

Black Leaves van Gansbaai skop op 18 Februarie af op hulle tuisveld teen Botrivier en die wedstryd daarna word teen Hawston, op die opposisieveld gespeel.

Black Leaves se A span, met sy aanvallende agterlyn, kan weer munt slaan en die skare laat juig. Caledon en Genadedal sal vanjaar met hul kenmerkende Makro agttal almal uit die pad wil vee. Daarteenoor sal Black Leaves ‘n fikse en mobiele agttal daar moet stel.

Die momentum wat opgebou was in die vriendskaplike wedstryde moet nou oorgedra word na die Ligas. Al hierdie uitdagings sal net harde innovasie verg, gepaardgaande met goeie dissipline en orde.

Spelers wat nog nie geregistreer is nie, sal hul voordele verbeur en sal ook nie betyds by Boland op die administrasielyste kan kom nie.

Oefentye is Dinsdae- en Donderdaeaande vanaf 18:00.

So sê “Bra G” 

Black Leaves sal hul beste moet lewer

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles