Wat was dit?

Wat was dit?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope week of twee was daar nou nie rêrig ‘n oormaat van vis vir die boothengelaars nie, maar solank daar gevang word is kla taboe.

Die makriel is nog steeds met ons, met die grootte nie te waffers nie.

Wat wel welkom is, is dat die hotties, hoewel nie so volop nie, begin om groter en vetter te vertoon. Dis ook reg so want kwepertyd is om die draai. So tussenin is daar ook PW’s en romanne en ‘n verdwaalde kabeljou of twee. Die geelbek kom maak net ‘n draai en teen die tyd dat jy reg is vir hom het hy lankal padgegee.

Daar is steeds net een manier om vis te kry en dit is  --  probeer!

Nou vir iets anders. Elke gesoute hengelaar, of dit nou van die kant af is of vanaf ‘n boot  sal getuig dat daar een of ander tyd iets uitsonderliks met hom gebeur het, en vandag is dit my beurt.

Ek was met ‘n maat op sy boot en ons het anderkant die Clyde gaan vang. Die hotties het fluks gebyt en dit is waarvoor ons ook probeer het.

Jou “tackle” is dus lig en die hoeke aan die klein kant. Ek het een van die plastiektolle gebruik met sommer baie lyn op, maar gelas. Daar het al ‘n paar fris hotties in die boot gelê en my groter lyn (net vir ingeval dit benodig word) langs my. Dié het die heel oggend geen resultate gelewer nie en is ‘n ruskans gegun. Ek was nie reg daarvoor nie toe dié ding my vat en wegspring. My tol het aanmekaar gedraai en die lyn het merkwaardig gou minder geword.

Ons was in elk geval gereed vir huis toe gaan en ek het die skipper gevra om die anker te lig sodat ons die haai (om myself te troos het ek aangeneem dis ‘n haai) met die boot kon agterna sit en so moeg maak.

Ek het in my agterkop begin visioene sien van goed soos tunas en dan het die haaistorie maar weer oorgeneem.

Maar wie kan vir seker sê? Dis toe ons die boot omdraai dat die “prop” my lyn afsny en ek die geveg verloor. Ek het hartseer my amper leë tol neergesit en ons is vort na ‘n ander plek vir ‘n laaste probeerslag.

Wat hierna gebeur het kwalifiseer my storie as uitsonderlik.

Ons het besluit om op die dryf te gaan en ek was nog nie gereed nie toe my skipper al lyn uittrek en vra wat het hy dan nou gehaak. Dit was die lyn waarmee my “haai” weggekom het en ek het die los lyn begin intrek toe dit skielik aan die loop gaan  --  die vis was nog daaraan en ek het gedink, nou jou drukker! Ek het heelwat lyn herwin met die haai wat nog kort-kort wou wys wie’s baas. Na ‘n ruk het die lyn ongelukkig vasgehaak en afgebreek.

Ek het die slap lyn ingetrek en al die verlores weer herwin. Die een hoek was krom gebuig en die ander stroplyn gebreek.

By die huis het ek die uitgeloopte lyn gemeet  --  125 meter! Het hy maar net gesig gewys!!

Groete,
Seemeeu

Wat was dit?

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles