Suid-Afrikaners was in dekades nie so verarm soos wat hulle op die oomblik is nie.
Maretha Geldenhuys, voorsitter van Gansbaai Helpende Hand, ‘n organisasie wat hom beywer teen die verligting, voorkoming en verbreking van armoede en opleiding en maatskaplike ondersteuning aan diesulkes bied, het ondersteuning broodnodig.
Maretha en haar span bring die gewilde duet-konsert ‘Sy en Satyn’, met Manuel Escorcio en Belia oor twee weke na Gansbaai ter stywing van broodnodige fondse. Moenie hierdie geleentheid misloop, waar u terselfdertyd ‘n medemens in nood kan help nie.
Kaartjies teen R100 per persoon is beskikbaar by Visions, The Farmlady, Hot Coffee, Gansbaai Courant en by Maretha self – 082 805 3964