Soos sy en satyn is sangpaar

Soos sy en satyn is sangpaar

Gansbaai Courant

Manuel Escorcio het geen bekendstelling nodig nie - met 40 jaar in die sangbedryf, 5.400 vertonings wat hy gelewer het en 53 cds wat opgeneem is, is hy ‘n ‘legende’.

Soos deur al die jare, oorrompel Manuel steeds sy gehore met ingebore sjarme en opregtheid.

 Die suiwer sopraan, Belia Lourens, deel die verhoog met hom in ‘n splinternuwe konsep, ‘Sy en Satyn’

Net in 2015 en 2016 het hulle reeds 100 plus ‘Sy en Satyn’ solo- en duette konserte aangebied.  

Die gewildheid van ‘Sy en Satyn’ is besig om ‘n stewige staanplek in die harte van Suid-Afrikaners te vind.

 Belia Lourens is  geen onbekende in die musiekbedryf nie.  Haar vorige albums Kom dans Klaradyn, Die Tsotsi-Evangelie en Stroes-love het goeie resensies en  benoemings ingeryg.

Haar nuutste album, Die Kroon, is eersdaags op die rakke en spog met 2 prag-duette van hierdie sangpaar.

Escorcio se konserte word steeds gekenmerk aan sy  spontane persoonlikheid en goue-stem, terwyl Belia se lig-klassieke aanslag gemaklik hierby inskakel.  

Bo en behalwe immergewilde solo’s,  word ‘n duette vertoning met gistergunste-linge in ‘n verrassingspakket aangebied. Met sy fluweel-stem en die suiwer sopraan, Belia Lourens is ‘Sy en Satyn’ ‘n suksesverhaal.

Soos sy en satyn is sangpaar

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles