Chanette Paul lééf saam met haar karakters

Chanette Paul lééf saam met haar karakters

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Haar karakters kom na haar toe, gee hulself name – soms teen haar sin - en word ‘mens’ op haar rekenaarskerm.

Hulle het selfs geboortedatums en sy loer soms na hul karaktertrekke volgens hulle sterretekens en wat die betekenis van hul name is.

Stanford se bekroonde skrywer, Chanette Paul, lééf die stories wat sy skryf en het ‘n stukkie van haar lewe Dinsdagoggend met Gansbaai Leeskring gedeel.

Chanette het reeds 42 boeke en ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels vir tydskrifte die lig laat sien.

Haar navorsing is deeglik en  soos wat Annemarie du Plessis, voorsitter van die leeskring, in ligte luim opgemerk het  ‘moes hierdie skrywer al stokoud gewees het om alles te kon doen wat sy al vermag het.’

Die lang blonde vrou praat kalm oor haar boeke, haar karakters en haar storielyne.  Sy sonder haarself af wanneer sy aan ‘n boek werk in haar Suiderstrand-huis, weg van die daaglikse bestaan.

Haar stories is ingewikkeld en verwikkel en verg konsentrasie. Dit speel hoofsaaklik in haar selfgeskepte dorpies langs die Overstrand af. 

Tydens haar 14 ure lange werksdag, is sy nie net besig om romantiese speurverhale die lig te laat sien nie, maar beywer haar ook vir die bevordering van Afrikaans, doen manuskripontwikkeling en werkswinkels vir LAPA Uitgewers.

Chanette sê hoewel sy hoofsaaklik skryf om te vermaak, handel die meeste van haar boeke oor vrouens wat in moeilike situasies beland en sterker aan die anderkant uitkom.

Chanette het pas terug gekeer van die Woordfees op Stellenbosch waar sy opgetree het.  Na haar optrede by Aardklop later vanjaar, reis sy na België vir die vrystelling van haar nuutste roman in Nederlands, ‘Offerlam’.

Dat Chanette Paul ‘n groot aanhang in Gansbaai het, is gewis. Sowat 30 belangstellendes het die leeskring-oggend bygewoon en die skrywer behoorlik gepeper met allerlei interessante vrae oor haar werk.

Chanette Paul lééf saam met haar karakters

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles