Die entoesiastiese lede van Gansbaai Fotografieklub het behoorlik tussen die blomme 'geblom' met hul kameras toe hulle Saterdag, 11 Februarie ‘n besoek aan Kleinrivier in Stanford gebring het. Hulle fokus vir die dag was hoofsaaklik op weerkaatsings in water.
Die weer het nie baie goed saamgespeel nie, maar die groep is dit eens dat dit ‘n heerlike en ook leersame uitstappie was, waar hulle verskeie tegnieke kon beoefen.
Die vorige byeenkoms se foto-beoordeling het weer eens die gehalte van fotografie in die klub beklemtoon.
Die wenfoto’s in die refleksie-kategorie was: “Reflection in a Drop” - Robert Johnson; “Reflecting Glasses” - Robert Johnson; “Morning Mood” - Jane Bailey.
In die ope-kategorie was die wenfoto’s: “Girl in Blue” - Robert Johnson; “Buzzards” - Riaan Jacobs; “Potjies” - Riaan Jacobs.