Baardskeerdersbos Orkes bou voort

Baardskeerdersbos Orkes bou voort

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die bekende en gewilde Baardskeerdersbos Orkes het oor ‘n tydperk van 27 jaar diep spore in die Suid-Afrikaanse boeremusiek wêreld getrap.

Die dood van die immer-gewilde orkesleier, Manie Groenewald was ‘n reuse terugslag en nog ‘n lid, Dries van Bosch, hul konsertina-speler, is ook oorlede.  Piet Smit met sy trekklavier, het intussen besluit om af te tree.

Liana Fourie laat weet egter dat die orkes steeds optree  – met nuwe bloed en nuwe energie.

Die oorblywende orkeslede, Stompie Heyns, André Fourie en Stephan van der Westhuizen het besluit om voort te bou op Manie Groenewald se kosbare nalatingskap.

Heelparty van die oorspronklike orkeslede was direk of indirek familielede. Die groep het besluit om nog familielede te betrek, soos neefskinders en kleinneefs wat voor Manie grootgeword het. “Die doel daarmee is om hulle te betrek by die voortsetting van ‘n besonderse kultuur en styl wat deur Manie Groenewald nagelaat is,” het Liana gesê. “Daarom is ons van plan om die Baardskeerdersbos Orkes se suksesse van die verlede voort te sit.”

Tans bestaan die orkes uit die volgende lede: Stompie Heyns (Banjo), André Fourie (kitaar en sang), Stephan van der Westhuizen (dromme), Stoffel Fourie (kitaar en sang), Neil Aspeling (trekklavier) en Tobie Keyser (konsertina).

Baardskeerdersbos Orkes bou voort

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles