Onverwagse probleme

Onverwagse probleme

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek sal altyd wil skryf oor die genot van boothengel, maar daar is tog ander aspekte wat baie belangrik is en wat ek graag wil behandel.

Indien jou boot nuut is of dalk in ‘n baie goeie toestand sal jy heel moontlik dink dat die volgende jou nie sal aangaan nie, maar lees gerus hier en besluit dan. Die heel eerste item is oortollige water wat in die boot beland. Die wat op die dek beland dreineer gewoonlik by die uitloopmeganismes aan die agterkant van die boot. Die groot probleem is egter indien daar lekplekke op die dek, of dalk elders is en die water gevolglik lek na die  binnekant van die boot  --  dis nou na die onderkant van die dek. Hierdie water is gewoonlik nie sigbaar nie en die hoeveelheid daarvan kan ongemerk gevaarlik ophoop. Die “waterwell” is ‘n ander moontlikheid van lekkasie. Soos met my die geval was is bedrading en pype daardeur herlei. Die gate was nie verseël nie en baie water het  deur hierdie proses na onder die dek gelek. Gelukkig het ek dit later (amper te laat) agtergekom en kon my terughaas na die hawe. Ook net betyds. Om jou proppe op see uit te trek om die onderdekwater te dreineer is nie juis ‘n goeie opsie nie en kan selfs gevaarlik wees. Al wat wel sal help in hierdie geval is om ‘n “bilge pump” aan te bring en dit nou en dan aan te skakel om die situasie te monitor. Onthou egter hierdie pomp werk ook met ‘n battery. Maar laat ons nou nie te skepties raak nie!

Nog steeds met die waterprobleem. Byvoorbeeld wanneer die ankertou vassit aan die “prop” en aangesien  die agterkant van die boot gevaarlik laag sak, baie water die boot instroom. Jou eerste reaksie sal sekerlik wees om die ankertou af te sny en dan die motors  aan die gang te kry en die boot se neus so gou moontlik te lig om die dreineringsproses te begin. Fout! Jy moet juis versigtig na vore beweeg anders sak die agterkant nog vinniger en nog meer water stroom na binne. Dit veroorsaak groot probleme, soos ‘n maat van my kan getuig. Net omdat jy geen water sien uitkom wanneer jy jou dreineringsproppe, met jou terugkeerslag by die hawe gewaar nie, beteken nie noodwendig dat jou boot nie lek nie of dit is dalk te wyte aan ‘n ander probleem. Al ooit daaraan gedink dat jou pype wat die water moet herlei, verstop is? Dis die moeite werd om seker te maak.

Jou GPS. Hieroor het ek al baie geskryf en gaan dit weer doen. Joune werk mos goed, waarom sal jy bekommerd wees! Wat kan verkeerd loop? Dink bietjie. Die battery kan ingee. Die smeltdraadjie (fuse) is dalk geblaas. Enige slegte konneksie kan ‘n probleem wees. Die stel self. En ‘n boel ander faktore. Wees net bedag daarop. Dis egter iets wat jy op die boot móét hê, dit spreek vanself. ‘n Tweede stel (dalk ‘n toepaslike selfoon?) wat byderhand gehou kan word behoort die antwoord te wees. Weer eens, dink bietjie.

Ek sal op ‘n later stadium graag meer oor hierdie moontlikhede wil skryf, spasie is die probleem.

Baie groete,
Seemeeu

Onverwagse probleme

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Meet the Woman Behind Elite Fires & Shutters

Behind Elite Fires & Shutters is Cornè Engelbrecht.

Elite Fires & Shutters
Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

Overberg Geoscientists Group - October 2026 Newsletter

The latest Overberg Geoscientists Group newsletter is out!

See All Articles